|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die kleinste aanplanting van koring die afgelope eeu word vanjaar in Suid-Afrika verwag.
Vroeë aanduidings is dat produsente van voorneme is om 548 000 ha koring te plant vir die 2010-produksie-seisoen, sê die Nasionale Oesskattingskomitee in ‘n nuusverklaring.
Dit is 94 500 ha of 14,7% minder koring as in 2009. Dit is ook die kleinste oppervlakte beplant met koring sedert die vroeë 1900’s. Die grootste produserende gebiede is in die Wes-Kaap, met 277 000 ha (51%), gevolg deur die Vrystaat met 180 000 ha (33%) en die Noord-Kaap met 38 000 ha (7%).
Volgens produsente kan die afname in verwagte aanplantings van koring hoofsaaklik toegeskryf word aan ongunstige pryse vir dié kontantgewas.
Die verwagte aanplantings van moutgars is 85 000 ha, wat ‘n toename van 10 240 ha toon in vergelyking met die 74 760 ha van die vorige jaar. Die verwagte aanplantings van kanola is 37 500 ha wat 2 440 ha meer is as die 35 060 ha wat aangeplant was in 2009.
28 April 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)