Deur MARLEEN SMITH
3 Julie 2009

2698 keer gelees | 0 kommentaar

Mieliepryse het vandeesweek 'n bloedige afwaartse lopie beleef en kommer heers nou oor die winsgewendheid van mielieverbouing.


Kommer oor die winsgewendheid van mielieverbouing het versterk nadat mieliepryse verlede week ’n bloedige afwaartse lopie beleef het.

Pryse op die graanbeurs in Chicago (CBOT) en Safex het getuimel nadat ’n Amerikaanse oesverslag en voorraadopname getoon het dat dié land se boere, ondanks ’n besonder  nat lente, die naasgrootste oppervlakte mielies in 63 jaar geplant het.

Die CBOT se prys vir ’n mieliekontrak vir lewering in Julie het Dinsdag verlede week met 29 Amerikaanse sent per skepel (amper 8 %) geval – die grootste in sewe maande. In elektroniese verhandeling oornag het dié prys egter weer ietwat herstel en met 4 Amerikaanse sent gestyg.

Safex se kontrak vir lewering van wit mielies in Julie het Woensdag verlede week met R50 (bykans 5 %) geval tot R1 362/t. Die kontrakprys vir die lewering van geel mielies in Julie het met R63 (4,5 %) tot R1 325/t gedaal. Dié beurs se mieliepryse daal reeds die afgelope paar weke.

Handelaars met wie Landbouweekblad gepraat het, meen Dinsdag en Woensdag se daling kon ’n emosionele reaksie wees en dat dit mettertyd behoort te herstel. Teen Woensdagmiddag het dit vir talle egter gevoel “of die mielieprys nie brieke het nie”, het een handelaar gesê.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 10 Julie 2009.

3 Julie 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights