|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die wêreldproduksie van mielies, sojabone en koring het die afgelope dekade méér gestyg as die groei in die wêreldbevolking, maar die vraag na mielies vir biobrandstof en vir dierevoeding het egter sy merk gelaat op die eindvoorraad.
Net in Amerika het die gebruik van mielies vir etanolproduksie van 5% in 2000 toegeneem tot 30% in 2008.
Kommer heers nou oor die dalende eindvoorraadvlakke van veral mielies en koring.
Volgens mnr. John Hill, ekonoom van die CME Groep in Amerika en betrokke by die Chicago Board of Trade (CBOT), het die wêreldbevolking die afgelope dekade met 13% gegroei.
In dieselfde tydperk het:
Die wêreldproduksie van mielies met 30% gestyg, maar die eindvoorraad het met 25% gedaal.
Die wêreldproduksie van koring met 16% gestyg terwyl die eindvooraad met 19% gekrimp het.
Die wêreldproduksie van sojabone (as uitsondering) met 32% toegeneem en die eindvoorraad het met 40% gestyg. Dit kan toegeskryf word aan groot uitbreidings in soja-aanplantings in Suid-Amerika, asook beter opbrengste.
18 Augustus 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek verstaan nie hoe die volgende stelling gemaak kan word oor te veel mielies,koring ens terwyl mense hongersnood het in die res van Afrika.
"Die wêreldproduksie van mielies, sojabone en koring het die afgelope dekade méér gestyg as die groei in die wêreldbevolking, maar die vraag na mielies vir biobrandstof en vir dierevoeding het egter sy merk gelaat op die eindvoorraad."
Lees wat gaan werklik aan
""Every day 30,000 children die from a combination of disease- infested water and malnutrition," the report continued. "Water-borne diseases are claiming one child every three seconds. These diseases are the major killers of small children in Africa." facts: poverty in Africa"
As die bewerkbare landbou grond in SA reg bestuur word sal daar genoeg graan geproduseer word vir menslike en bio-chemiese gebruik. Dis nou as die regering toelaat dat Bio-Diesel geproduseer kan word!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)