Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Meer mielies, sojabone geplant

 
Mielies: Foto: CHARLES SMITH
Mielies: Foto: CHARLES SMITH

Bykans 200 000 ha méér lande is dié seisoen met mielies beplant en die oppervlakte onder sojabone het met 15% opgeskiet.

Die Nasionale Oesskattingskomitee het sy voorlopige opervlakteskatting vir somergewasse vir die 2009/’10-produksieseisoen pas bekend gemaak.

Kommersiële mielies:
Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,627 miljoen ha, wat 8,23% of 199 700 ha meer is as die 2,428 miljoen ha wat verlede seisoen aangeplant is. Dit is 2,15% meer as die voornemens om te plant-syfer van 2,572 miljoen ha soos vrygestel gedurende Oktober 2009.

Die oppervlak onder witmielies is 1,652 miljoen ha, wat ‘n toename van 10,93% of 162 700 ha verteenwoordig, vergeleke met die 1,489 miljoen ha die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 975 500 ha, 3,94% of 37 000 ha minder as die 938 500 ha geplant die vorige seisoen.

Verwagte mielie-aanplantings in die Vrystaat beloop 1,040 miljoen ha - ’n toename van 8,90% in vergelyking met 955 000 ha in 2008/’09. Die verwagte aanplantings van mielies in Noordwes toon ook ’n toename van 12,95%, van 695 000 ha tot 785 000 ha, en in Mpumalanga met 4,82%, van 477 000 ha tot 500 000 ha, in vergelyking met die aanplantings in die 2008/09 seisoen.

Sonneblomsaad:
Die voorlopige oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 426 700 ha, wat omtrent 32,89% minder is as die 635 800 ha aangeplant die vorige seisoen.

Ander gewasse:
Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 274 850 ha, wat ’n toename van 15,60% verteenwoordig vergeleke met die 237 750 ha geplant die vorige seisoen. Hierdie is die hoogste oppervlakte nog beplant met sojabone.

Vir grondbone is die oppervlakteskatting 53 200 ha, wat 2,47% minder is as die 54 550 ha geplant vir die vorige seisoen.

Die oppervlakteskatting vir sorghum het gedaal met 19,30%, van 85 500 ha tot 69 000 ha teenoor die vorige seisoen.

In die geval van droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 41 000 ha of 6,39% minder as die 43 800 ha die vorige seisoen geplant.

Die huidige weerstoestande kan nog ’n invloed uitoefen op die finale oppervlaktes beplant vir alle gewasse.

22 Januarie 2010

4
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.