|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die verwagte kommersiële mielie-oes is 11,514 miljoen ton, wat 2,8% hoër is as die vorige skatting van 11,202 miljoen ton. Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is 11,514 miljoen ton, wat 312 450 ton (2,8%) hoër is as die vorige skatting van 11,202 miljoen ton.
In sy vierde produksieskatting van somergewasse sê die Nasionale Oesskattingskomitee in ' n verklaring die skatting van die oppervlakte onder mielies is ook effens hoër en beloop 2,428 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,74 t/ha is. Die produksieskatting van witmielies is 6,735 miljoen ton, wat 193 100 ton meer is as die 6,542 miljoen ton van die vorige skatting.
Die oppervlakte onder witmielies is 1,489 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,52 t/ha is. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 4,779 miljoen ton wat 119 350 ton meer is as die 4,659 miljoen ton van die vorige skatting. Die oppervlak onder geelmielies is 93 500 ha en die verwagte opbrengs is 5,09 t/ha.
Die oppervlakteskattings vir mielies is hoofsaaklik gebaseer op die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel ("Pices") soos deur die LNR-geleide Konsortium gerapporteer. Die opbrengste vir Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes is ook gebaseer op die objektiewe opbrengs resultate verkry vanaf die LNR-geleide Konsortium se opname.
Sonneblomsaad:
Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 875 280 ton. Die geskatte oppervlakte beplant met sonneblomsaad is ook onveranderd gelaat op 635 800 ha en die verwagte opbrengs is 1,38 t/ha.
Ander gewasse:
Die produksieskatting van sojabone is op 429 860 ton gestel, wat 24 825 ton hoër is as die vorige skatting van 405 035 ton. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is ook effens hoër en beloop 229 750 ha met die verwagte opbrengs op 1,87 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 96 060 ton.
Die oppervlakteskatting is ook onveranderd gelaat op 54 550 ha en die verwagte opbrengs is 1,76 t/ha. Die produksieskatting van sorghum is 261 900 ton wat 1 650 ton hoër is as die 260 250 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is onveranderd gelaat op 85 500 ha. Die verwagte opbrengs is 3,06 t/ha.
In die geval van droëbone is die produksieskatting 63 230 ton, wat 550 ton minder is as die 63 780 ton van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte beplant is afwaarts aangepas met 1 000 ha na 43 800 ha. Die verwagte opbrengs is 1,44 t/ha. Die vyfde produksieskatting word op 24 Junie bekend gestel.
26 Mei 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)