|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Amerikaners se jongste amptelike skatting van graanvoorrade en -vraag het stukrag aan die mielieprys verleen. Die verwagte Amerikaanse mielie-oes is nou 1% minder as met die Amerikaanse departement van landbou se vorige skatting ’n maand gelede, hoewel ’n rekord-opbrengs steeds verwag word.
Die verwagte Amerikaanse uitvoer is met 50 miljoen skepels verlaag. Nogtans is dié land se verwagte mielie-eindvoorraad steeds laer as wat in Oktober vooruitgeskat is. Mnr. Mark Welch, ekonoom van Texas AgriLife, ’n landbouvoorligtingsdiens in Amerika, sê die jongste geskatte mielie-opbrengs, -produksie en eindvoorraad is laer as wat die mark verwag het.
Voorts is die beraamde wêreldvoorraad van mielies ook ingekort. Dié verwagte voorraad aan die einde van die heersende bemarkingsjaar verteenwoordig nou net 60 dae se verbruik. Dit is relatief knap.
Die Amerikaanse mielieprys het in reaksie met sowat 3% verstewig.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 20 November 2009.
16 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)