Deur LUCILLE BOTHA
21 Junie 2012

1385 keer gelees | 0 kommentaar

Pinotage-wyne uit die 2012-oesjaar toon sluimerende talent en is beslis nie arm aan potensiaal nie, sê verskeie wynmakers.


Dit is die gevolgtrekking ná ’n spesiale wynproe op Stellenbosch waar 13 jong Pinotages uit verskillende streke op hul baadjies getakseer is. Dit is deur die Pinotage-assosiasie aangebied.

Mnr. Etienne Louw, wynmaker by Altydgedacht in Durbanville, meen jongwyne kan as die barometer van die oesjaar se potensiaal beskou word.  Hy beskryf 2012 as ’n “sterk oesjaar” waarna wynmakers in die toekoms gaan terugkyk.

Hoewel nog baie jonk, het die 13 jong Pinotages uit verskillende streke reeds heelwat belofte getoon. Produsente skryf dit veral toe aan die unieke rypwording- en oesseisoen wat hulle agter die blad het.

Die 2012-seisoen is gekenmerk aan min wind, ’n paar uiterste warm dae aan die begin van Januarie en daarna ’n besonder koel Februarie en Maart. Die druiwe het stadig rypgeword en dit was nie ongewoon om nog ná Paasnaweek te pars nie. 

Mnr. Jan Boland Coetzee, wynmaker op die plaas Vriesenhof, meen dit was een van die koelste seisoene tot dusver (1997 uitgesluit).

“Die intensiteit in die wyne is ’n aanduiding dat ons met ’n eiesoortige en unieke oesjaar te make het. Dit was een van die koelste oesjare, en dit is moontlik waar die bessievrugkarakter vandaan kom,” sê hy.

Ook mnr. De Wet Viljoen, wynmaker by Neethlingshof, dink die wyne uit die 2012-oesjaar het baie potensiaal vir die toekoms.

“Ons moet dit ’n kans gee, oor ’n jaar of 18 maande gaan die wyn baie mooi wys. Ek is aangenaam verras deur die gehalte en ek dink daar is iets om  na uit te sien.”

Mnr. Beyers Truter van Beyerskloof meen die wyne getuig van balans.

Viljoen, Truter en Coetzee het produsente dit op die hart gedruk om oordeelkundig met hout te werk. Viljoen meen Pinotage kan selfs ’n bietjie langer in die houtvate verouder (ideaal sowat 16 tot 18 maande) word. 

Coetzee het ook gemaan dat die wyn se alkoholvlak in sommige gevalle te hoog is en in toom gehou moet word.

“Pinotage is ’n moeilike druifsoort. Hulle sê Pinot noir is die hartbreekdruif, maar dan is Pinotage die hartbreekdruif-kwadraat. Dit is moeilik om in die kelder te hanteer, maar ons moet versigtig wees met die alkohol.”

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights