Altesame 48 nuwe sojaboonkultivars wat voorheen nie in Suid-Afrika beskikbaar was nie, word op ses plekke in die land getoets. Dit is om groter momentum aan die groei in dié bedryf te gee.
Mnr. Gerhard Scholtemeijer, voorsitter van die Proteïennavorsingstigting (PNS), sê die kultivars is ingevolge ’n samewerkingsooreenkoms met drie navorsingsinstellings in Suid-Amerika gekry. Dié instellings doen nie sake met die saadmaatskappye wat sojabone in Suid-Afrika teel nie.
Dr. Jos de Kock, raadslid van die PNS en lid van die tegniese komitee, sê die 48 kultivars sal op die Hoëveld, in die warmer omgewing van Brits, by Potchefstroom, Vaalharts, die koeler dele van Bethlehem en by Cedara in KwaZulu-Natal beproef word. Die kultivars is gekies op grond van hul verwagte verdraagsaamheid teen droogte, aalwurms, roes en sclerotinia wat tot ’n verhoogde opbrengs kan lei.
Die proefaanplantings sal wys of dié eienskappe ook in Suid-Afrika na vore kom. De Kock sê die belowendste kultivars sal uitgesoek word en in die nasionale kultivarproewe met die bestaande kultivars vergelyk word om te bepaal of daar plek vir hulle in Suid-Afrika is.
Lees ook:
Ondersoek na parsvermoë welkom
18 Januarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)