Menu
 

Deur ALANI JANEKE
18 Junie 2013

1407 keer gelees | 2 kommentaar

Daar is kommer oor ekonomiese groei, groen ekonomiese beleid en die groei van Afrika se bevolking.


Daar moet ’n fyn balans tussen groen ekonomiese beleidsrigtings en ekonomiese groei in die wêreld gehandhaaf word. ’n Paneel van Duitse professore en ekonome het die uitdagings en moontlike oplossings daarvan tydens die sesde Global Media Forum in Bonn, Duitsland, bespreek.

Een van die uitdagenste kwessies oor die tema is die feit dat baie lande dit anders benader. Mnr. Wilfried Kraus, ’n adjunk- direkteur-generaal van die Federale Ministerie van Onderwys en Navorsing in Duitsland, sê voor die kwessie enigsins aandag in ontwikkelende lande geniet, moet die kwessie van korrupsie en demokrasie in daardie lande eers aangepak word.

“Voor ons van dié lande kan verwag om ‘groener’ te leef, moet grootskaalse politieke en sosiaal-ekonomiese kwessies dalk eers aandag geniet,” aldus Kraus.

Ekonomiese welstand en populasie
’n Kwessie wat algemeen aanvaar moet word, is die feit dat almal in die samelewing groter inkomstes wil hê en vorentoe wil beweeg, sê prof. Rudi Kruz, ’n professor in ekonomie aan die Universiteit van Pforzheim. “En om dit te bereik is groei nodig; dit moet wel net verantwoordelike groei wees.”

Op ’n vraag of bevolkingsgroei in ontwikkelende lande moontlik beheer moet word in ’n poging om menslike bestaan op die aarde te steun, sê Kraus gebrekkige geboortebeperking in Afrika is ’n probleem.

“Met swak infrastruktuur, swak landboubedrywe en beperkte hulpbronne in Afrika is swak geboortebeperking een van die grootste probleme in Afrika,” aldus Kraus.

Volgens Kruz het die debat oor groen ekonomie reeds 300 jaar gelede in die Duitse bosboubedryf begin. Hy en Kraus meen dit is moeilik om te takel, aangesien elke verbruiker ’n ander keuse oor kragverbruik maak. Duitsland se verbruik van fossielbrandstof moet teen 2050 met 50% daal as deel van die land se poging om ’n algemene klimaatstyging van 2 °C teen te werk.

* Alani Janeke woon die Global Media Forum in Bonn, Duitsland, by as gas van Deutsche Welle.

Byskrif: Sowat 1500 afgevaardigdes neem aan die GMF 2013 deel. Foto: Alani Janeke


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2013/06/18 01:57:36 PM

Miskien moet daar 'n bymiddel ontwikkel word wat mens in die kos kan gooi wat help vir geboortebeperking. As die ryk lande dan kos aan die hongeres gee moet hulle dit so aanvaar of maar doodgaan van die honger. Mens kan nie eis dat die wereld jou voed maar jy wil die reg he om te teel soos 'n konyn nie.


flynn

2013/06/21 11:54:15 AM

Ek stem saam dat mens die probleem van bo af ondertoe aanpak. Die gewone mens is die ongeletterde een wat teen ons kinders met skoolopleiding bykans "brein dood" is en net oorleef. Hulle weet nie van beter nie. Om met geboortebeperkings vorendag te kom (sonder dat hulle dit weet) gaan net tot hul voordeel wees oor die langtermyn - maar as hulle dit weet, gaan hulle jou in hulle staat van onkunde haat.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele