Deur ALANI JANEKE
21 September 2012

712 keer gelees | 2 kommentaar

Hoekom kry plaasmoorde nie dieselfde reaksie vanaf die LUR vir Veiligheid in Noordwes as voorvalle wat plaaswerkers raak nie? vra Agri Noordwes.


’n Uitdaging is aan mnr. Nono Maloyi, LUR vir Menslike Nedersettings, Openbare Veiligheid en Skakeling, gerig om die name van landbouprodusente wat hulle aan moorde en mishandeling van plaaswerkers skuldig maak, bekend te maak.

Agri Noordwes sê Maloyi maak die stelling dat baie gevalle voorkom waar boere plaaswerkers mishandel, of vermoor, maar dat dit nie aangemeld word nie.
 
Mnr. Flip le Roux, onder-voorsitter, sê luidens ’n verklaring Maloyi se oningeligte en bevooroordelende uitsprake is onverantwoordelik en aanvegbaar. Die LUR het glo ook na die Cloete-voorval verwys waar die dood van ’n plaaswerker ondersoek word.

Hy het in dié verband gevra vir swaarder strawwe sodat ’n duidelike boodskap gestuur kan word aan “boere wat voortgaan om onskuldige plaaswerkers te mishandel”.
 
Lees meer oor die Cloete voorval hier.

Plaasmoorde
Le Roux sê hulle wil graag van die LUR weet hoekom boere nie dieselfde reaksie van hom af kry wanneer plaasmoorde in die provinsie plaasvind nie. “Elke landbouprodusent in die provinsie is net so ’n burger van die land as enige plaaswerker en is geregtig op dieselfde regte en beskerming in ooreenstemming met die Grondwet.”
 
Die staat word ook gekritiseer vir die afwesigheid van provinsiale departemente by ’n vergadering oor die inwerkingstelling van die Landelike Veiligheid-strategie. Le Roux sê die polisie het verteenwoordigers van sy hoofkantoor gestuur om inligting beskikbaar te maak, maar Maloyi se departement asook die provinsiale departement van landbou was afwesig.
 
“Hierdie optrede van provinsiale departemente spreek van ’n ongeërgde, ongedissiplineerde houding waar daar duidelik nie werklik erns is met veiligheidsvraagstukke in die landelike gebiede nie,” aldus Le Roux.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/09/21 03:01:42 PM

My eie mening is dat ons nie naief moet wees en positiewe reaksie van die owerhede moet verwag nie. As 'n minister sulke snert kan praat om te seg dat werkers vermoor word en dit nie aangemeld word, is sy IK sterk onder verdenking. My standpunt bly nog dat ons landbouers hierdie afskuwelike plaasmoorde moet voer tot in die binnekamers van die VN VSA, die Ingelse - die Ozzies is reeds besig om hulle messe te slyp vir die plaasmoorde hier. Leiers kan maklik aanspreeklik gehou word deur die Int. Geregshof vir menseslagting. Ignorance of the law is then no excuse.


mkruger

2012/10/05 02:14:22 PM

Butch ek gaan met jou verskil. Ons moet eerder 'n poging insit om na die belange van die ander SA burgers te kyk en hulle aan ons kant te kry... Ons probeer alles met emosies oplos sekerlik omdat baie van ons nog nie oor die swart/wit "issue" gekom het nie. Hoekom word daar nie eerder gepoog om 'n mosie van wantroue teen die LUR ingestel te kry nie. Uit sy optrede/kommentare blyk dit duidelik dat hy 'n rassis is en nie na die belange van al die land se burgers (wit/swart) omsien soos daar van hom verwag word nie. Raak op die manier van hom ontsla. Ons moet ophou om ons emosies ons te laar "dryf". Ons is slimmer as dit.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights