Aandag op arbeidswette

 
Werkers. Foto: ANDRIES GROENEWALD
Werkers. Foto: ANDRIES GROENEWALD

Die Minister van Arbeid, mnr. Membathisi Mdladlana, het reeds gesê hy verwag “drama” oor sy opdrag aan ‘n span regsgeleerdes om aanpassings vir die Wet op Arbeidsverhoudinge sonder die insae van die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac), en nou beoog sy departement om volgende jaar veranderinge aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Diensgelykheid voor te stel.

Die doel van die veranderinge is om die bedrywighede van arbeidsmakelaars en die werksomstandighede van werkers wat deur hulle bestuur word, te reguleer. Mdladlana het, luidens ‘n berig van Business Day, ‘n kleintjie dood aan die uitbuiting van werkers deur arbeidsmakelaars en beoog om nou iets aan die kwessie te doen.

Mdladlana sê dié wetgewing sal volgende jaar aan die Parlement voorgelê word. Die Parlementêre komitee belas met arbeid het openbare verhore gehou oor arbeidsmakelary. Die kwessie is ook reeds deur Nedlac bespreek en in dié forum het vakbonde vir ‘n verbod op dié soort aktiwiteite geëis het en bedryfsverteenwoordigers eerder regulasie van die sektor voorgestel het.

Volgens mnr. Herbert Mkhize, Nedlac-direkteur, hy wag nou op ‘n bydrae van die Regering in die vorm van ‘n amptelike beleidsdokument of konsepwet. Mdladlana meen arbeidsmakelaars verlaag die beskerming wat arbeidswette aan werknemers kan bied.

“Ons beoog om wetgewing bekend te maak wat die probleem van arbeidsmakelary aanspreek. My departement en die Kommissie vir Konsiliasie, Arbitrasie en Mediasie ontvang klagtes van werknemers wat deur arbeidsmakelaars uitgebuit word,” sê Mdladlana.

Bron:
Business Day

3 Desember 2009

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.