Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Arbeid / Arbeid-gedragskode-vir-plase

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Arbeid: Gedragskode vir plase

 
Deur ALANI JANEKE
Plaaswerkershuis. Foto: ERIKA FOURIE
Plaaswerkershuis. Foto: ERIKA FOURIE

‘n Arbeidsgedragskode vir plase, waartoe Agri SA en sy lidorganisasies hulself verbind, is Vrydag (3 Desember) vrygestel.

Luidens ‘n verklaring stel dié kode goeie arbeidspraktyke op plase as ‘n vereiste.

“Ons vertrou dat dié dokument deur alle partye aanvaar sal word as kommersiële landbouers se verbintenis tot ‘n arbeidsbedeling, wat goeie verhoudinge sal bevorder en ontwikkeling op ‘n breë basis sal ondersteun,” sê mnr. Anton Rabe, voorsitter van Agri SA se arbeid- en sosiaal-maatskaplike beleidskomitee.

Veralgemenings
Rabe sê die dokument is in die vorm van ‘n verklaring van voorneme opgestel, wat die verskeie uitgangspunte van die Agri SA-beleidsdokumente - wat sedert 2001 op sy kongresse bespreek en aanvaar is – herbevestig.

“Ons vertrou dat die dokument eens en vir altyd eensydige en veralgemeende blamering van kommersiële boere vir alles wat sleg en verkeerd is, in die regte perspektief sal plaas.  Ons verbind ons hiermee by herhaling tot gedissiplineerde optrede in die algemeen en tot die oplossing van spesifieke probleme waar dit ook al mag voorkom,” aldus Rabe.

Die besluite
Die verklaring verwoord die organisasie se 2010-kongresbesluite en voorneme tot gehalte lewens- en werksomstandighede op plase binne die konteks van landelike ontwikkeling.

Dit fokus onder meer op die toepassing van arbeidswetgewing, die hantering van onbillike diskriminasie, mishandeling van werkers, toegang tot plase, veiligheid in die werkplek, elemente van verblyfsekerheid en die toegang tot grafte op plase. Bemagtiging en opleiding, toegang tot gesondheids- en welsynsdienste, ontspanning en sportfasiliteite is ook in die dokument vervat.

Die minister?
Intussen sê me. Elize van der Westhuizen, Agri SA se menslike hulpbronnebestuurder, die verklaring is ook aan me. Milderd Oliphant, die Minister van Arbeid gestuur. “ ’n Brief waarin ons die verklaring verduidelik en haar ook weer eens vra vir ‘n vergadering om arbeidstatistiek ensovoorts te bespreek, het die verklaring vergesel.”

Van der Westhuizen sê hulle sukkel al vir jare lank om ‘n vergadering met die betrokke Ministerie te kry, en niemand van die departement het by die mees onlangse vergadering wat vir November gereël is, opgedaag nie.

3 Desember 2010

Addisionele dokument

application/pdf icon
Verklaring_van_voorneme_arbeid_in_landbou.pdf
0
 
 
  • 1587 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

GW RAAD 
06 Des 2010 07:59

wie het die rubbish onderteken? miskien moet agri SA geld spandeer om mense te stuur vir onderhandelings kursusse want die dokument sal hulle nog aan die hakseen byt!!! dit is maklik die swakste dokument wat vaagheid en verwarring aanbetref wat ek in 'n lang tyd onder oe gehad het!!!

sterkte die gat word net al hoe dieper gegrawe!!!

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Landbouleier erg aangerand
  • Onsekerheid kenmerk opening van nuwe wolseisoen
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction