Arbeidsmakelary is nie ‘n euwel, soos wat me. Lumka Yengeni, ANC-voorsitter van die portefeuljekomitee belas met arbeid, dit beskryf nie. Só sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus (VF Plus) se parlementêre woordvoerder oor arbeid.
“Die ANC-regering is steeds op die verkeerde pad met hul voorneme om van alle arbeidsmakelaars ontslae te raak. Die Regering het sy objektiwiteit by die agterdeur gelaat en stoomroller voort sonder om die gevolge vir die arbeidsmark in besonder, en die Suid-Afrikaanse ekonomie in geheel, in ag te neem,” sê hy in ‘n mediaverklaring.
Hy meen daar is arbeidsmakelaars wat hul skuldig maak aan misbruike en dat dít nie langer geduld kan word nie. “Die bydraes wat arbeidsmakelaars lewer verskil egter van bedryf tot bedryf. Daarom kan dit moontlik wees dat makelaars wel verbied moet word in sekere bedrywe waar uitbuiting endemies is, en dit nie uit die weg geruim kan word nie, sonder algehele verbanning.”
Stelsels wat uitbuiting voorkom en waar werkers en werkgewers se regte beskerm word sal ‘n beter oplossing wees as ‘n verbod, meen die VF Plus.
Lees ook:
ANC steun nie arbeidsmakelaars
18 Februarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)