|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Voorgestelde veranderinge aan die Wet op Arbeidsverhoudinge sal die verantwoordelikheid vir werkers op die skouers van die werkgewer plaas, en nie die arbeidsmakelaar wat dié arbeid verskaf s’n nie. Só sê mnr. Membathisi Mdladlana, Minister van Arbeid.
Hy verwag onenigheid oor sy opdrag aan die span regsgeleerdes om die wetsaanpassings te ontwikkel sonder die bydrae van die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac), luidens ’n artikel op Fin24.com. Hy wil die voorgestelde aanpassings teen April volgende jaar voorlê. “Ek het die reg om dié kwessie van Nedlac te onttrek.,” sê Mdladlana.
Die voorgestelde verandering oor kontrakwerk sal tot gevolg hê dat geen onderskeid ten opsigte van verdienste tussen permanente en tydelike werkers getref word nie. Werkgewers sal, indien die aanpassings aanvaar word, volle verantwoordelikheid vir alle werkers dra. Mdladlana stel ook voor dat die Regering ’n arbeidsagentskap op die been bring wat indiensnemingsdienste gratis vir die openbare asook die private sektor bestuur.
Bron:
Fin24.com
6 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hierdie regering van ons dink regtigwaar dat almal om hulle is idiote.
Aan die eenkant skree hulle dat hulle alles gaan doen om misdaad te bekamp.
Aan die anderkant wil hulle wette verander om misdadigers te beskerm.
Baie mense gebruik die makelaars omdat dit dan baie makliker is om van werkers ontslae te raak wat hulle besteel en wat lui is om te werk.
Ek het die afgelope jaar of so bietjie rondgekyk. Ek het dit oorweeg om oa 'n Spar of vulstasie te koop.
Een gemene faktor in al die besighede wat ek na gekyk het was dit:
Almal het gese "jou eie werkers steel jou bankrot"
As jy hulle egter vang of vermoed dat hulle steel, bel jy die makelaar en siedaar hy word vervang.
Miskien kan iemand daarbuite 'n petisie soos met die Eskom prys situasie begin sodat die regering die boodskap kan kry.
Dan natuurlik is daar 'n ander uitweg.
Kontrakteur al jou poste een vir een uit aan 'n makelaar.
As die werker droogmaak skort jy net die kontrak op....
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)