|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Groot verskeidenheid belanghebbendes sal op 17 en 18 Julie in Upington bymekaarkom vir 'n plaaswerkersberaad en konsultasiewerksessie vir die landbou. Die Minister van Landbou, me. Lulu Xingwana, die Noord-Kaapse premier, me. Dipuo Peters en die LUR vir landbou en grondhervorming, me. Tina Joemat-Pettersson, sal die byeenkoms lei.
Die plaaswerkersberaad vier ook die 50ste herdenking van die aartappelboikot wat die ongunstige toestande van plaaswerkers op aartappelplase naby Bethal in Mpumalanga dekades gelede uitgelig het.
Deelnemers sal poog om ingrypingsmaatreëls om plaaswerkers en bewoners se lewens te verbeter, en om meganismes vir die hantering van hul probleme, daar te stel. Die beraad se tema is die verbetering van plaaswerkers en -bewoners - en hul kinders - se lewenskwaliteit.
Oplossings
Die konsultasiewerksessie vir die landbou sal tegelykertyd plaasvind en sal die uitdagings wat die landbou in die gesig staar aanspreek. Die doel is om met volhoubare oplossings vorendag te kom en die verwagte gevolge sluit die hersiening van provinsiale aksieplanne in.
Die werkswinkel beoog ook om konsensus oor probleme en oplossings te bereik wat na die nasionale beraad deurgevoer sal word en om die witskrif en sektorplan vir die landbou te hersien en voorstelle te maak.
Die werkswinkel se tema dek die stryd teen armoede en die landbou se rol om volhoubare voedselsekuriteit, werk en rykdom te skep.
Skakel Thabo Mothibi by 053 838 9105 vir meer inligting.
16 Julie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24