Die vakbondfederasie Cosatu sê hy sal die regulasie van arbeidsmakelary in Suid-Afrika steun mits dit “waterdig” is, lui ‘n berig van Fin24.com. Dít nadat die groep verlede jaar ‘n algehele verbod op dié bedryf aangespoor het.
Mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris, het verlede week tydens ‘n toespraak voorgelê aan die Confederation of Associations in the Private Employment Sector gesê arbeidsmakelaars sit agter die uitbuiting van werkers. Luidens ‘n artikel van Mzan.si het hy gesê meer en meer werkgewers omwentel arbeidswette deur permanente poste met tydelike poste te vervang.
“Arbeidsmakelaars is een van die drywers in dié proses. Dit is die rede waarom ons lede gevra het dat ons ‘n veldtog loods om dié gebruik stop te sit,” sê hy. Intussen berig Fin24.com dat Vavi ook gesê het dat Cosatu se deur nie toe staan vir ander voorstelle as ‘n algehele verbod nie.
29 Maart 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)