|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Sweedse regering het vrae begin vra oor ’n beroepsveiligheidsprojek (RSR) in Suid-Afrika wat ná bykans vyf jaar niks gevorder het nie. Dit word met Sweedse geld gefinansier.
Die georganiseerde landbou en die Landbouwerkgewersorganisasie (LWO) het hulle aan die projek onttrek. Duidelike betrokkenheid van vakbonde by die RSR (“roving safety epresentative”) word aangevoer as een van die redes.
Die handleiding wat die Departement van Arbeid vir opleiding wil gebruik, steek Agri SA, die TLU SA sowel as die LWO dwars in die krop. Daar is geen reaksie van die departement of die voorsitter van die nasionale RSR-projek op kritieke vrae van die kant van die landbou oor die projek en sy doelstellings nie.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 13 November 2009.
6 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)