Suid-Afrika gaan nou voortstoom om sy groenekonomie uit te bou om meer werk in die landbousektor te skep.
Die Regering spits hom nou toe op ‘n ontwikkelingsgroeipad om die ekonomie se vermoë te verhoog om meer werksposisies te skep en om ‘n ekonomie te hê waar minder kweekhuisgasse uitgestraal word.
Mnr. Ebrahim Patel, Minister vir Ekonomiese Ontwikkeling, het in sy begrotingsrede gesê die groenekonomie bied ook groot potensiaal vir werkskepping in die verwerkings-, diens- en ekotoerismesektor.
Die groenekonomie-sektor het reeds werk vir meer as 1,1 miljoen mense in China geskep en dit groei teen 100 000 nuwe poste per jaar, het hy gesê. Die Departement vir Ekonomiese Ontwikkeling het R2 miljoen begroot vir beleids- en koördineringswerk om die groenekonomie aan die gang te kry.
Lees ook:
Werksverliese nie landbou se skuld
26 Maart 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)