|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Hoewel die aantal Mosambiekse immigrante wat in Suid-Afrika aangestel word afneem, oorskry die syfer steeds 15 000 vir die eerste kwartaal van 2010. Luidens ‘n berig op Fin24.com het dié land se ministerie vir arbeid bekend gemaak Suid-Afrika het meer 15 055 Mosambiekse immigrante in dié tydperk gewerf.
Dit is wel minder as die 16 769 werkers wat tydens die ooreenstemmende tydperk verlede jaar gewerf is om in Suid-Afrika te kom werk.
Baie werk op plase
Die Mosambiekse koerant Noticias word in die berig aangehaal waar berig word die kontrakte van 2 000 Mosambiekse immigrante om op plase in Limpopo, die Oos- en Wes-Kaap te werk, is vanjaar hernu. Sowat 1 200 Mosambiekse burgers werk op plase in die Tzaneen-omgewing.
Meer as 500 van dié werkers is gewerf deur die ZZ2-groep, wat die meeste Mosambiekse burgers in die landbousektor in sy diens het. Die groep produseer vrugte, groente en vleis.
Volgens die berig werk die meeste van die immigrante onwettig op plase, want slegs sowat 250 is wettiglik hiervoor aangeteken.
‘n Verdere 45 000 immigrante van Mosambiek werk in Suid-Afrikaanse myne, waarvan Impala Platinum in Rustenbrug 2 000 in diens het.
Lees ook:
Immigrante: Sleutel tot ekonomiese groei
27 Julie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)