Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Arbeid / Plaaswerker-probleme-selfrespek-die-antwoord

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Plaaswerker-probleme: Selfrespek is die antwoord

 
Deur LUCILLE BOTHA (lbotha@landbou.com)

Sy staan nie baie hoog in haar rooi skoene nie, maar waar me. Santi Basson aan lengte te kort skiet,
maak sy op met geesdrif. Sy pak daagliks die skynbaar onmoontlike aan: Om die sosiaal-maatskaplike probleme op plase te probeer uitskakel en arbeidsverhoudinge te beredder.

Boere is raadop oor die arbeidsprobleme wat hulle grys hare op plase gee. Terwyl groter boere 'n konsultant se dienste kan bekostig om te help met die uitstryk van knope, meen kleiner boere daar is geen lig meer aan die einde van die tonnel nie. Hand aan hand daarmee loop die debat
oor meganisasie en die invloed wat dit op werkskepping gaan hê.

"Ek het nie ál die antwoorde nie, maar die boodskapwat ek wil oordra, isdat boere in 'n baie moeilike situasie sit," sê Basson. Haar besigheidskaartjie sê sy is 'n onafhanklike sosiale ontwikkelingsadviseur.
Haar indrukwekkende curriculum vitae bewys sy is nie net nog 'n eendagsvlieg nie.

Haar doktorsgraad-navorsing oor die Landelike Stigting se rol en invloed op die Suid-Afrikaanse wynbedryf is agter die rug. In 2003 het sy die plaasgesondheid-toekenningsprogram vir die Rural Delevopment Network (Rudnet) ontwikkel en bestuur. Dit het uiteindelik 'n belangrike bydrae tot
die handves vir die wynbedryf gelewer.

Sedert verlede jaar tree sy as onafhanklike adviseur op, want arbeidskonsultante is te besig om wetgewing toe te pas. Niemand konsentreer op die sosiaal-maatskaplike sy van plaaswerkers
nie. "Baie plaaswerkers het tussen die vloerplanke deurgeval, daarom keer ek terug
na die basiese dinge."

Sy wil die Landelike Stigting se beginsels aanpas en binne vandag se milieu toepas.

"Ek verkoop 'n gedagte. En ek dink in hierdie geval was my hardkoppigheid 'n goeie eienskap. As dit nie daarvoor was nie, sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie."

Sy glo in 'n projek en sien die moontlikhede daarvan raak nog voor dit gerealiseer het. "Soos Petrus, moet ek maar soms my voete uit daai skuitjie haal en op die water stap," lag sy.

Basson het in 2006 op 118 plase regoor die Wes-Kaap gewerk. Dié plase het altesaam sowat
3 000 plaaswerkers in diens.

"Die Landelike Stigting moes nooit ontbind het nie. 'n Groot deel van die probleme wat ons vandag met arbeid het, is juis oor die ontbinding daarvan, aangesien die diensleweringsomgewing vandag so gefragmenteerd is. Daarmee saam is 'n proses van ontwikkeling onderbreek."

Die Landelike Stigting was 'n organisasie wat hom beywer het vir die opheffing van plaaswerkers. Volgens mnr. Herman Baily, destydse bemarkingsbestuurder van dié organisasie, het pres. Thabo Mbeki al by meer as een geleentheid opgemerk dat 'n soortgelyke organisasie nodig is om dinge op plase reg te ruk. 'n Soortgelyke sentiment
word deesdae uit verskillende oorde ge-eggo.

"Nou het ek tot die slotsom gekom dat ons moet terugkeer na die grondbeginsels," het Basson onlangs op die Durbanville landbouvereniging se ledevergadering gesê.

Sy meen nie bemagtiging begin by die oorhandiging van 'n stuk grond of aandeelhouding nie, want ongeveer 70% van alle sodanige bemagtigingsprojekte is " 'n totale mislukking".

"Vir my begin bemagtiging in die suiwerste sin van die woord by 'n individu wat 'n keuse maak om verantwoordelikheid vir sy lewe te aanvaar. Daarna begin 'n proses van mentorskap en werks- en lewenswaardigheidsopleiding om relevante kundigheid oor te dra."

Uit haar navorsing het dit geblyk dit gaan in sekere opsigte slegter met die plaaswerkers as in die verlede,maar in ander opsigte veel beter.

"Op die 118 plase waar ek gewerk het, was plaaswerkers se minimum loon veel meer as wat die wet vereis. Maar wanneer ons kyk na plaaswerkers se probleme, kan hulle byvoorbeeld glad nie 'n huishoudelike begroting opstel of onafhanklike finansi&eumlle besluite neemnie."

Basson het gevind dat plaaswerkergesinne wat huishoudelike begrotings kan opstel, beter toegerus is ombesluite oor hul toekoms te neem. Meer as 60% van plaaswerkers het egter nog nie opleiding in die bestuur van hul persoonlike finansies gehad nie.

"Die oomblik as plaaswerkers hul finansies kan beheer, het dit 'n invloed op die sosiale probleme en hul selfbeeld."

Basson is oortuig daarvan as boere opleiding wil verskaf, móét dit finansi&eumlle bestuur insluit.

Afgesien van die gebrek aan finansi&eumlle bestuur is alkohol- en dwelmmisbruik nog 'n ernstige probleem. Dit hang nou saam met die voorkoms van sjebeens, prostitusie, tienerswangerskappe, gesinsgeweld en MIV/vigs.

"Ek wil weet wat gedoen gaan word om sjebeens hok te slaan.As dit eers toegemaak kan word, sal dit begin beter gaan op plase."

Op meer as 60% van die plase waarop sy gewerk het, vind ernstige drankmisbruik plaas. Dit gaan gepaard met sosiale ontwrigting. Uit elke 1 000 babas wat in Suid-Afrika gebore word, het 88 fetale alkoholsindroom
(FAS). Op 53 % van die plase is opleiding oor FAS ten duurste verskaf, maar die plaaswerkers pas nie die inligting
toe nie. Sy het onder meer gevind die vrouens meen bier is skadeloos om tydens swangerskap te gebruik.

Hoewel dwelmmisbruik meer algemeen onder jonger mans voorkom, is tik gewild onder die jong meisies. Die ouer plaaswerker-mans rook graag dagga, terwyl die jonger mans (veral dié van 13 tot 25 jaar oud) mandrax en tik gebruik.

Sy meen nie formele opleiding bied noodwendig altyd 'n oplossing nie, maar die basiese beginsels van die Landelike
Stigting moet weer ondersoek word.

"Plaaswerkers wil steeds hê boere moet verantwoordelikheid vir hulle aanvaar. Dus is daar 'n voortsetting van die paternalistiese verhouding. Aangesien daar reeds van die 1980's af gepoog word om hiervan weg te beweeg, is daar dus 'n botsing van belange."

Volgens Basson is die gemiddelde opvoedingsvlak van plaaswerkers graad 5. 'n Groot gros kan nie lees en skryf nie. Dit maak opleiding moeilik.

Sy het gevind dié mense kan deur handwork of entrepreneurskapsprojekte betrek word.

"Wanneer die persoon skeppend is, word basiese finansi&eumlle kennis ook oorgedra. Dit saam met die kreatiewe proses het goeie invloed op sy of haar selfbeeld."

Op Middelvlei, 'n Stellenbosse wynplaas, het 'n groep plaaswerkers op eie inisiatief begin handwerk doen. Dit het in
2005 gelei tot 'n huisvlytskou op Stellenbosch waar hul produkte uitgestal is.

Nog groter dinge het gevolg en Basson het in 2006 'n plaasfees, met vyftien deelnemende plase, saam met Stellenbosch se landbougemeenskap georganiseer. Daar kon plaaswerkers hul produkte - gebak en
handwerk - verkoop.

"Hierdie plaaswerkerfees is as 'n loodsprogram beskou. Ons kon ook die leemtes sien, soos dat die werkers glad nie weet hoe om die korrekte prys vir die produkte te vra nie. Dit het daartoe gelei dat baie van hulle 'n verlies gely het."

Basson sê só iets hoef nie noodwendig baie geld te kos nie. Van die mans het adventkranse met wingerdlote gevleg en die vrouens maak deurstoppers met rivierklippe en afvalmateriaal. "Almal dink in terme van swart ekonomiese bemagtiging en hoewel dié pogings nie groot is nie, kan dit mense bemagtig."

Verlede jaar is só 'n fees weer aangebied.

Oor die leemte wat die verdwyning van die Landelike Stigting gelaat het, sê sy dit is nie net plaaswerkers wat iets verloor het nie. Die organisasie het ook aan die boer ondersteuning gebied.

"Daar is nie 'n oorkoepelende liggaam wat boere help om opleiding en aktiwiteite doeltreffend te koördineer nie. Dit is tog onmoontlik vir een boer om alleen 'n sportdag te re&eumll.

"Waar Kromme Rhee (buite Stellenbosch) se opleidingsentrum 'n diens gelewer het, is die opleidingsomgewing nou
gefragmenteerd."

Sy meen die destydse gemeenskapsontwikkelaars wat op plase was om dinge te koördineer en te evalueer, is veral nou nodig. "Boere het 'n organisasie nodig wat aan hulle kan raad gee en dinge op alle vlakke beter kan koördineer."

Basson ontken nie dat daar in baie opsigte 'n moeilike tyd vir die landbou voorlê nie, maar sê dit is moontlik om die probleme uit te stryk. "Ek staan daarby dat daar op baie plase goeie arbeidsverhoudinge is, anders as wat sekere organisasies sê. Dit gaan nie so sleg met arbeid soos baie sê nie. Ek sien dit, ek práát met die werkers."

Landbouweekblad, 11 Januarie 2008

3.333335
 
 
  • 2686 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Sybokhaarmark tel sy kop op
  • Somerre
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction