|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Vakbonde eis deurgaans groter salarisse, maar iewers sal Suid-Afrika se werkerskorps beter opleiding moet ontvang en doeltreffender moet begin werk, sê me. Lindie Stroebel, bestuurder van ekonomiese inligting en finansies by die Landboubesigheidskamer (LBK).
Gesondheidsdienste, primêre opleiding en die gehalte van die plaaslike arbeidsmark strem egter die land se mededingendheid.
Die Wêreld Ekonomiese Forum doen jaarliks ’n studie om vas te stel hoe mededingend 133 lande teen mekaar is. Suid-Afrika het weer vanjaar die 45ste plek op dié ranglys beklee. “Dit klink dalk goed, maar onthou dat die hele wêreld pas deur ’n ekonomiese krisis is – wat Suid-Afrika nie vreeslik seergemaak het nie,” het Stroebel gesê.
Terwyl die lys se toplande innovasie nastreef, jaag Suid-Afrika doeltreffendheid na en dit is nie goed genoeg nie.
Tog is arbeid nie die grootste meulsteen om plaaslike mededingendheid se nek nie. Net soos in 2004 is die koste van misdaad steeds die grootste probleem, sê Stroebel. Verder is vertroue in die politieke stelsel deesdae van só ’n aard dat beleggers huiwerig is om in Suid-Afrika te belê en die kundigheid van staatsdienspersoneel laat ook veel te wense oor.
Nog probleme is vervoerkoste, finansieringskoste, vigs, Suid-Afrika se arbeidswetgewing en die koste van tegnologie.
18 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Is kundigheid die probleem of die mense se wil om te werk.
Stakings het basies 'n jaarlikse instelling in die staatsdiens geword - 'n reg.
Miskien kan die kundiges my se wat van my regte geword het.
Ek betaal belasting en is gevolglik mos geregtig op 'n diens.
As die mense staak staan alles in die staatsdiens wat beteken ek kry nie die diens waarvoor ek betaal het nie en my kinders kry nie die opvoeding wat hulle verdien nie.
Wat het geword van "as jy nie gelukkig is met jou salaris/werk nie, kry vir jou 'n werk waar jy gelukkig is"
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)