Plaaswerkers en –bewoners sal die kwessies wat hulle raak by die Regering se landswye provinsiale spitsberade onder die kollig sien. Luidens ‘n verklaring sal die berade deur die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, in samewerking met provinsiale landboudepartemente, aangebied word.
Lees ook:
Inbellyn vir plaaswerkers
Met die berade wil die Regering ‘n platvorm vir kommunikasie tussen boere, plaaswerkers en plaasbewoners skep, om kwessies wat plaaswerkers raak, te bespreek. Die berade sal in elke provinsie aangebied word, met die eerste beraad watop 4 en 5 Maart op Hartebeespoortdam in Noordwes.
Duurder elektrisiteit ook onder loep
Tydens die berade sal die uitwerking van die kragtariefverhogings wat die Nasionale Energie Reguleerder (Nersa) onlangs aan Eskom toegestaan het, op die landbou bespreek word.
Die organisasies wat by die berade betrek sal word sluit Agri SA, Cosatu, die TLU SA, en Nafu in. Die betrokke arbeids- en behuisingsdepartemente sal ook aan die berade deelneem.
Besluite wat by dié berade geneem word sal as die basis vir regeringsbeleid en wette rakende plaaswerkers en plaasbewoners gebruik word.
3 Maart 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)