Sy veldtog om ontslae te raak van arbeidsmakelary wankel en mnr. Membathisi Mdladlana, Minister van Arbeid, sal dalk nie eers dié praktyk kan reguleer as sy departement nie teen die einde van vandeesweek ‘n wetsontwerp in dié verband by die Parlement indien nie.
Die parlementêre wetgewingsiklus se eerste sperdatum vir die indiening van wetsontwerpe wat teen 29 Augustus bekragtig moet word, is Vrydag, 5 Maart. Daar is wel twee siklusse per jaar en indien Mdladlana vandeesweek se sperdatum mis sal die wetsontwerp teen 19 Julie ingedien moet word vir bekragtiging op 26 November.
Lees ook:
'Arbeidsmakelaars bly belangrik'
Volgens mnr. Mzobanzi Jikazana, woordvoerder vir die departement, het Mdladlana nooit gesê hy wil ‘n verbod op arbeidsmakelary instel nie, lui ‘n artikel in Business Day. “Hy het net gesê hy wil die kwessie van arbeidsmakelary takel en sal wetgewing verander om dít te doen.”
Die parlementêre komitee belas met arbeid bestudeer nog die insette wat gedurende openbare verhore oor die voorgestelde veranderinge aan die Wet op Arbeidsverhoudinge ingewin is, sê Jikazana. Na dié proses sal daar besluit word of ‘n wetsontwerp ingedien sal word of nie.
Bron:
Business Day
3 Maart 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)