|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Werskverliese is oor die afgelope jaar in alle sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie ondervind en die landbou is nie gespaar nie. Op ‘n jaargrondslag het die Suid-Afrikaanse landbou ‘n verlies van 114 000 poste, of 14,9%, gely, terwyl 57 000 poste (8%) van die tweede tot die derde kwartaal vanjaar tot niet is, lui Statistiek Suid-Afrika se kwartaallikse opname van die arbeidsmag.
Die enigste twee provinsies wat van die tweede tot die derde kwartaal meer werksgeleenthede geskep het was Gauteng en KwaZulu-Natal. Mnr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, meen ‘n paar sleutelbedrywe het hiertoe bygedra, luidens ‘n berig van Meat and Trade News Daily.
“Vooruitsigte in die suikerbedryf is beter as in die afgelope paar jaar. Die suikerprys is hoër en ek sou sê die hoër werksyfers in KwaZulu-Natal kan meestal aan die suikerbedryf toegeskryf word. In Gauteng kan die toename in werksgeleenthede dalk aan die groentebedryf toegeskryf word. Die stygende vraag na vars produkte kan werk skep nader aan die mark self. Logistiek is uiters belangrik en ons sien groter beleggings in die verbouing van vars produkte in Gauteng,” sê hy.
Op ’n jaargrondslag het die Wes-Kaap en die Vrystaat onderskeidelik 8 000 en 1 000 nuwe poste geskep. Purchase sê die Wes-Kaap belê baie in die landbou. “Wyn en vrugte is arbeidsintensief en daar is ’n sterk vraag na uitvoer ondanks die sterk rand. Die Vrystaat het wat mielies betref twee goeie jare ondervind, wat ’n groot rol speel.”
Bron:
Meat and Trade News Daily
17 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)