|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die landbou kan nie die morele skuld dra vir werksverliese in dié sektor nie, sê die Demokratiese Alliansie (DA). Veral aangesien dié bedryf moeilike ekonomiese toestande ondervind, waarvoor hy ook nie die skuld behoort te dra nie.
Waar’s die Regering?
Die DA sê mnr. Tokyo Sexwale, Minister van Menslike Nedersettings, se opmerkings dat die landbou verantwoordelik is vir miljoene Suid-Afrikaners wat in informele nedersettings woon, is onwaar. Wanneer plaaswerkers nie meer op plase woon nie, is dit nie omdat hulle “weggejaag” is nie, sê mnr. Lourie Bosman, die DA se skaduminister van landbou.
Volgens die DA het die Departement van Menslike Nedersettings (voormalig die Departement van Behuising ) sedert 1994 miljoene huise in en om dorpe en stede opgerig vir agtergeblewe Suid-Afrikaners, maar het tot nou nog nie een huis vir ’n plaasbewoner gebou nie. Dié verantwoordelikheid word aan die landbousektor, boere en plaaswerkers oorgelaat.
Lees ook:
Behuising vir plaaswerkers (2005)
Staat moet help met behuising (2008)
Hoeveel poste verloor?
Bosman meen die landbou het in die afgelope twee dekades gebuk gegaan onder “besonder onstuimige toestande” en dat werksverliese ’n gevolg van ’n wisselvallige ekonomiese omgewing is.
In 1994 het die landbou 1,12 miljoen permanente en tydelike werksgeleenthede gebied, maar daar is tans net 780 000 werkers in dié sektor. Sowat 340 000 mense wat in die landbou gewerk het, het dus hul werk in sowat 15 jaar verloor.
3 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Mense hou nie daarvan nie maar dit is miskien tyd dat iemand opstaan en hard vir die regering verduidelik dat hulle en niemand anders verantwoordelik is vir hulle mense se omstandighede.
Hoeveel van hulle sal bereid wees om ten duurste 'n huis te koop, in die rykmansgebiede waar hulle woon en dan 'n kamer in die huis deel met iemand wat kom en gaan soos hy wil en nog meer se het oor wat in die huis aangaan as die eienaar.
Hulle is gewaarsku dat hulle verblyfsekerheidsplan nie gaan werk nie en noudat dit nie werk nie is dit die boere se skuld.
Hulle het 'n vryemark stelsel omgeskakel na 'n sosialistiese stelsel waar hulle elke jaar wil voorse hoeveel hulle lede betaal moet word. Noudat dit, soos in baie ander plekke in die wereld, nie werk nie is dit die boere se skuld.
Solank ons gelukkig is daarmee om as 'n slaansak gebruik te word, sal die ANC 'n lekker plek he om sy foute op af te laai.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)