|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die bereidwilligheid om uitdagings rondom die landbou en plaaswerkers aan te spreek bestaan, maar ‘n daadwerklike plan ontbreek, sê pres. Jacob Zuma.
Hy het Vrydag (30 Julie) ‘n afvaardiging van 1 100 plaaswerkers tydens die nasionale plaaswerkersberaad in Somerset-Wes toegespreek.
Zuma het opdrag gegee dat plaaswerkersberade in elke provinsie en nasionaal aangebied moet word sodat plaaswerkers ‘n platvorm kan hê waar hulle hul saak kan stel en hul griewe kan deel.
“Plaaswerkers is een groep individue wat die afgelope 97 jaar ekonomiese en ander probleme moes uitstaan. Hul stemme moet gehoor word, want hulle is beter geplaas om eerstehandse inligting oor die uitdagings te verskaf.”
Zuma sê plaaswerkers het dieselfde mense- en sosio-ekonomiese regte as enige ander individu, en “ons sal baie bereik in dié land wanneer almal van hulle dié regte ten volle kan geniet.”
Georganiseerde landbou wil saamwerk
“Ons moet ook die rol wat boere vervul om die lewensgehalte van plaaswerkers te verbeter, erken.” Zuma sê die Regering het onlangs baie vrugbare besprekings met Agri SA gehad, en nog ‘n vergadering word binnekort beplan. ‘n Vergadering met die arbeidsgemeenskap en leiers is ook in die pyplyn, aangesien hulle ‘n belangrike rol in al die betrokke fasette vervul.
Zuma het opgemerk dat Suid-Afrika as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) met ander lidlande sal saamwerk om dié kwessies aan te spreek en dat hulle suksesvolle strategieë sal uitruil.
Zuma het afgesluit met die woorde: “Ons sal nie rus totdat alle werkers menslik deur boere gehanteer word nie. Die behoefte om dinge anders te begin doen binne dié sektor van ons land bestaan. Een ding is baie opvallend, daar is ‘n bereidwilligheid onder partye om saam te werk, maar ons het nog nie vasgestel wat ons nodig het om te doen nie.”
2 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ons en ons plaaswerkers sien om na mekaar en kyk uit vir mekaar - die een se leed is die ander een s'n. Moenie almal oor dieselfde kam skeer nie in hierdie wereld is daar in elk geval nie een wat ek van weet wat nie na hulle plaaswerkers omsien nie en ook nie net omsien nie daar word goed na hulle gekyk.
Ons ry hulle winkels toe, kinders skole toe vat hulle dokter toe, en ons bly 180 kilos van die naaste dorp.
Begin sommer om te kyk na die arme werkers by Aurora myn se regte. Dis mos die hogere here se familie en kan mos nie op hulle tone trap nie. Plaaswerkers word nie eers so behandel nie, ons as boere weet ons kan nie sonder plaaswerkers nie en respekteer mekaar.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)