Agri Megaweek 2010 vind weer binnekort plaas en dié skou poog om aan elke besoeker ‘n unieke ervaring te bied.
Die skou vind vanaf 15 tot 17 September in Bredasdorp plaas en besoekers kan uitsien na gereelde uitstallings asook nuwes.
‘n Spesiale jeug- en ontwikkelingskou is gepas vir die jonger geslag met die Pluimvee-uitstalling wat almal se verbeelding met hul verskeidenheid pluimvee kan aangryp.
Skougeesdriftiges kan weer uitsien na die Agri Mega Merino-veldskou, asook ‘n Agri Mega SA Vleismerinoskou. ‘n Skaaptelkompetsie word op Donderdag, 16 September gehou en daaglikse skeerdemonstrasies word ook gehou.
Uitstallings en demonstrasies vind interaktief met die besoeker plaas en skep nuwe geleenthede en leerervarings vir jonk en oud. Die oorgrote meerderheid van die binnenshuise uitstallings en veeverwante aktiwiteite word aangebied in die splinternuwe BKB Veesentrum wat onlangs opgerig is.
Die skoner geslag word ook spesiaal gekoester met uitstallings en demonstrasies uniek aan die behoeftes van die vrou. Plaaswerkers word ook nie afgeskeep nie. Met kort lesings by verskeie uitstallings aan groepe plaaswerkers, kry hulle nie net die geleentheid om die ekspo-terrein te besigtig nie, maar kry waardevolle en praktiese kennis.
Nog interresante goed om na uit te sien is die Queen of the Expo-interras suiwelkampioenskap en die 4x4-aktiwiteite. ‘n Graanwerkswinkel en ‘n kanola-inligtingsdag word ook onderskeidelik op 16 en 17 September gehou.
Vir verdere inligting besoek die webwerf www.agrimega.co.za.
31 Augustus 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)