Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Australi-se-kudde-krimp

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Australië se kudde krimp

 

Skaapboere in Australië kan hulleself regmaak vir 'n tydperk van goeie pryse weens 'n krimpende kudde, sê die bedryfsorganisasie vir vleis en lewendehawe in Australië (MLA) se tussentydse bedryfsvoorspelling vir skape in 2008. Dié verslag is op 4 Augustus vrygestel en dit dui aan dat Australië se totale skaapkudde op sy kleinste sedert 1920 is.

Droogte en 'n verskuiwing van skaapboerdery na akkerbou het veroorsaak dat die totale kudde na sowat 80 miljoen skape, of 6,5%, gekrimp het in die jaar tot Junie 2008. Die afname behoort nou, volgens die MLA se hoofanalis, mnr. Peter Weeks, stadiger te verloop. Hy meen daar behoort teen 2011 sowat 76 miljoen skape oor te wees.

Weeks sê die Australiese skaapbedryf se toekoms lyk blink, maar die droogte wat die land nou al vir jare teister en stygings in wêreldwye graanpryse het die voorspellings rakende die kudde en verskaffing van skape verlaag. Hy meen ook dat 'n afname in die teelkudde en 'n styging in landbouskuld en insetkoste die skaapbedryf in Australië se groei vir die volgende vyf jaar sal kniehalter.

Van wol na vleis

Nog 'n swak teelseisoen en hoë afkeer van lammers aan die einde van 2007 behoort slaggetalle vir 2008 met 9% af te dwing van 2007 se rekordvlak van 19,2 miljoen karkasse. Produksie behoort met 8% af te neem tot 404 000 ton - steeds die tweede hoogste vlak ooit.

Stygende insetkoste en skuld het in 2006 en 2007 vele Australiese skaapboere in 'n posisie geplaas wat dit onmoontlik gemaak het om die nodige graan en voer aan te koop om die 2008 kudde te steun. Dit beteken dat verskaffing vir die winter laag sal wees, wat pryse sal opstoot.

Trae wolpryse behoort ook by te dra tot die verskuiwing van wolskape na vleisskape. Weeks meen dat 'n verbeterende seisoen produksie met 13% tussen 2008 en 2012 op kan stoot tot 458 000 ton skaapvleis.

Bron:
The Land

6 Augustus 2008

0
 
 
  • 1251 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 'Spekulante jaag graanprys op'
  • Taurus-diens groei steeds
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction