Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Be-nvloed-selfone-bye-werklik

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Beïnvloed selfone bye werklik?

 
Deur ALANI JANEKE
Heuningby. Foto: www.desktop.wallpapers.org
Heuningby. Foto: www.desktop.wallpapers.org

Ná navorsers in Indië glo bewys het dat selfone ‘n uitwerking op heuningbye se oorlewing het, het baie vrae plaaslike tussen byeboere en kundiges hieroor ontstaan. Die navorsers het werkende selfone aan ‘n byekorf gekoppel, en die optrede van die bye met dié van ‘n korf waaraan slegs ‘n model van ‘n selfoon gekoppel was, vergelyk.
 
Daar was ‘n daling in die hoeveelheid eiers wat gelê is, en minder bye het glo na die korf teruggekeer. Die verskynsel is beskryf as een van die redes vir “colony collapse disorder” of CCD.

Studies oor selfoontorings in Oostenryk
Dr. Mike Allsop, navorser van die navorsingsinstituut vir plantbeskerming, sê daar word ook studies in Oostenryk gedoen waarvolgens selfoontorings ‘n ongunstige uitwerking op bye-getalle het, terwyl Duitse navorsers ook beweer dat koordlose telefone bye-getalle laat afneem.
 
Allsop sê ondanks die navorsing se bewerings dat elektromagnetiese bestraling ‘n oorsaak van CCD is, glo die oorgrote meerderheid wetenskaplikes wat die verskynsel wêreldwyd ondersoek, dat dit nié die geval is nie.
 
Virusse en peste die hoofoorsake
Volgens Allsop dui onlangse volledige navorsing aan dat die verskynsel aan die invloed van virusse en peste toegeskryf kan word. Hy sê veral die voorkoms van virusse kan daarvoor blameer word. Die invloed van selfoonseine en selfoontorings word nie eens as moontlike oorsake genoem nie, hoewel daar wel opvattings is dat dit nie onmoontlik is dat dit een van die oorsake kan wees nie, sê hy.

Allsop sê hy stem nie saam met die bevindings van veral die Duitse en Indiese studies nie. “Die studies is misleidend en verslaggewing daaroor was nie korrek nie. In die geval van die Duitse studie het die navorsers die eksperiment weer uitgevoer en ander resultate gekry.

Allsop meen selfoonmaatskappye kan behoorlike studies hieroor onderneem sê om die wanindrukke wat hieroor bestaan reg te stel.

Verslaggewer Alani Janeke verduidelik hoe die Indiese studie uitgevoer is. Luister hier na 'n klankgreep.

15 Junie 2010

0
 
 
  • 1944 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Voerkraal vir kalwers
  • Boerbok- en skaapboerdery op aangeplante weiding in Prieska-area
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction