Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Benut-geleenthede-vir-swart-bemagtiging

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Benut geleenthede vir swart bemagtiging

 
JOHAN WILLEMSE

Die dokument oor riglyne vir swart bemagtiging in die landbou gaan 'n gefladder in die duiwehok afgee, maar landbouers moet die geleenthede daarin raaksien en aangryp.

Taakspanne het die afgelope tyd hard gewerk aan die dokument vir swart bemagting in die finansiële sektor, wat pas bekend gemaak is.

Die mikpunt is om sekere doelwitte vir swart bemagtiging of eienaarskap vir die ekonomie daar te stel, onderhewig aan die steun van 'n gepaste staatsbeleid.

Die Regering se beleid is om só 'n swart bemagtigingsraamwerk met spesifieke doelwitte vir al die sektore in die ekonomie in te stel. Teen die jaar 2014 moet swart mense 'n effektiewe deelname of beheer in 35 % van die ekonomie hê. Binne die volgende dekade moet 35 % van die landbougrond dus in swart eienaars se besit wees.

'n Groot risiko is dat só 'n plan vir die landbou die vermoë het om groot verdeeldheid en wantroue te skep indien die aanloop nie reg bestuur word nie.

Indien 'n ordelike en demokratiese stelsel met 'n wye verspreiding van welvaartskepping deel van die doelwit is, is deelname en eienaarskap op 'n wye basis 'n vereiste.

Die meeste mense het nie fout te vind met dié benadering nie. Die knelpunt is dat politici en staatsamptenare sekere doelwitte blindelings en op só 'n wyse kan afdwing, soos in Zimbabwe, dat dit welvaart vernietig en dat dit mense teen mekaar kan draai.

Onderliggend aan die sukses van só 'n beleid lê die bou van kundigheid deur opleiding en die korrekte ondersteunende staatsprogramme. Dit is egter hier waar die Regering ten opsigte van die landbou gefaal het.

Hoeveel jare praat die kommersiële landbou nie al oor die wanbestuur en verval by die Landbounavorsingsraad nie?

Die punt is dat swart bemagting in die landbou tot mislukking gedoem is indien die staat nie éérs sy huis in orde kry en die nodige ondersteuningsdienste skep nie.

Die hervorming van grondeienaarskap en die vestiging van nuwe swart boere is teen dié agtergrond gedoem, soos die laaste paar jaar duidelik blyk. Indien 'n eienaarskap van 35 % in die landbou met staatsbeleid afgedwing gaan word voordat die ondersteunende meganismes reggestel is, kan dit nie slaag nie en dit gaan net wrywing skep.

Swart bemagting in die ekonomie verwys na 'n plan om nie-blanke Suid-Afrikaners doelbewus en sistematies te ondersteun. Hulle is in die verlede van aktiewe deelname aan die landbou uitgesluit. Let wel, dit gaan nie net oor eienaarskap nie, maar ook oor bestuur, arbeid, die beroep, en veel meer.

Swart bemagtigingsondernemings is geïdentifiseer as ondernemings (dit sluit alle landbou-ondernemings in) met verteenwoordigende deelname, eienaarskap, bestuur of beheer deur nie-blanke Suid-Afrikaners. Dié is ondernemings wat 'n eienaarskap van minstens 25 % en voldoende bestuursbeheer het.

Swart ondernemings is dié waar nie-blankes die eienaars is, of 'n beherende aandeelhouding of bestuur het wat groter as 50 % is.

Hierdie ondernemings sluit ook ander vorme van eienaarskap en deelname in die ekonomie (landbou) in, soos koöperasies, aandeelhoudingskemas aan werkers, gesamentlike ondernemings en vennootskappe.

Swart ekonomiese bemagting is 'n wye begrip, maar wat belangrik is, is dat die uitgangspunt nie dié van Zimbabwe is, waar totale beheer en eienaarskap op die breë ekonomie en die landbou afgedwing is nie.

Dit gaan ook belangrik wees om die plaaslike proses inklusief te maak. Soveel verteenwoordigende groepe as moontlik moet aan die gesprekke deelneem en die konsepdokument van die Departement van Landbou moet oop vir debat wees, anders kan belangrike groepe daarteen draai, pleks van om hul samewerking te verkry. Daar is geen sin in om die onderhandelingsgesprekke te beperk of om dit in enkele weke af te jaag nie.

Swart bemagtiging in die landbou gaan elkeen in dié sektor regstreeks raak, hetsy deur aanmoedigingsmaatreëls van die staat of deur strafmaatreëls vir ondernemings wat nie aan die vereistes voldoen nie.

Die gespreksdokument bied 'n aantal riglyne oor swart bemagtiging. Dit sal landbouers beslis loon om oor die praktiese implementering daarvan oor die volgende tien jaar te dink.

Die uitgangspunt van die dokument is die strategiese landbouplan van 2001 — die Mbeki-landbouplan — waarvan in die praktyk nog nie veel gekom het nie.

Die volgende is kernstrategieë (in die Mbeki-plan) vir bemagtiging:

  • Die stimulering en versnelling van toegang en deelname aan die landbousektor.

  • Die bevordering van internasionale mededingendheid en die winsgewendheid van die landbou in Suid-Afrika.

  • Die versekering van volhoubare hulpbronbenutting en die bestuur daarvan.

  • Ondersteunende strategieë tot die voorgenoemde sluit in: Navolging van goeie bestuurpraktyke, geïntegreerde en volhoubare plat-telandse ontwikkeling, kundigheid en innovasie, internasionale samewerking en veiligheid en sekuriteit.

    Dit gaan groot oortuigingswerk verg om aan te toon dat daar oor die laaste twee jaar wesenlike vordering was om dié strategie in die landbou te implementeer.

    Om geloofwaardigheid te vestig, sal eers werk gemaak moet word van die bestaande beloftes. Dink maar aan die LNR-debakel, die beloftes van droogte-, vloed- en brandhulp en vele meer!

    Vir die landbou om suksesvol te wees en om op groot skaal nuwe toetreders met welslae te akkommodeer, moet die landbou-omgewing waarin private ondernemers die doelwitte van swart bemagting moet nastreef, 'n groot mate van staatsondersteuning hê. Dit geld sake soos navorsing en voorligting, maatreëls vir ramphulp, die bevordering van internasionale mededingendheid en vele meer.

    Verdere voorbeelde is die oorlewingsgeveg wat vark-, hoender- en melkboere voer teen goedkoop ingevoerde produkte. Hoe op dees aarde gaan 'n nuwe toetreder suksesvol kan meeding met goedkoop invoer (sonder navorsing, kundigheid, doeltreffendheid) as gevestigde ondernemings dit nie eers regkry nie?

    Die plan vir die landbou sal natuurlik wegspring met 'n soort van wenslys en allerlei stellings waarmee baie mense vrede sal kan maak. Dit bied die motivering vir bemagtiging.

    Die belangrikste is egter na my mening uitgelaat. 'n Demokrasie is slegs suksesvol as welvaart binne 'n markgeoriënteerde en kapitalistiese stelsel geskep word. Dit moet die tasbare welvaart van elke inwoner sigbaar bevorder. Dit behoort die oorkoepelende mikpunt te wees.

    Groter toegang en deelname aan landbou-werksaamhede deur nie-blanke groepe is nie 'n probleem nie en is wenslik — solank dit groter welvaart skep en dit nie vernietig nie, soos in Zimbabwe en met die grondhervormingsprojekte in Suid-Afrika meestal tot nou toe gebeur het nie!

    'n Belangrike uitgangspunt in die dokument is die erkenning dat 'n mens se behoefte om grond te besit nie beteken dat dit boerderygrond moet wees nie. Erkenning word ook gegee aan beperkte hulpbronne, wat 'n beperking plaas op die aantal suksesvolle landbou-ondernemings.

    Swart bemagtigingsdoelwitte vir die landbou is dus 'n gegewe. Dit sluit in doeltreffende deelname van 35 % deur swart mense aan die ekonomie; minstens die helfte van die geldwaarde van staatsverwante kontrakte moet na swart ondernemings gaan; die herstrukturering van staatsondernemings moet tot gevolg hê dat sowat 30 % van die aandeelhouding aan swart groepe gaan; minstens 50 % van die lenings van sekere finansiële instellings moet aan swart groepe gaan; en minstens 40 % van die staatsondersteuning en 70 % van die ondersteuning aan ondernemings moet na swart groepe gaan.

    Die doelwit is dat die staat sy hulpbronne en ondersteuning al hoe meer na swart groepe gaan kanaliseer om swart bemagtingsdoelwitte in die ekonomie na te streef — solank dit net welvaart skep oor 'n breë front en nie vernietig nie!

    Groot gewag is al gemaak oor vennootskappe met bestaande ondernemings in die private sektor, mentorprogramme en aandeelhoudingskemas. Hierdie is aspekte waaroor elke landbou-ondernemer en boerdery sal moet dink. Van elke bedryfsorganisasie gaan verwag word om in 2004 'n swart bemagtigingstrategie voor te lê, met doelwitte, hulpbrontoekenning en institusionele reëlings, om swart bemagtiging te bevorder.

    Belangrike uitgangspunte vir swart bemagtiging in die landbou is:

  • Grond, die afhandeling van grondeise en die toedeling van staatsgrond is doelwitte, so ook die toegang tot grond en die nodige middele wat daarmee verband hou.

  • Toegang tot markte, veral wat infrastruktuur betref, is baie belangrik. Markinligting is ook 'n vereiste.

  • Die handels- en tariefbeleid gaan aangewend word om swart groepe in 'n beter posisie op die mark te plaas.

  • Die ontwikkeling van mense, vanaf werkers tot professionele swart mense in die landbou, asook werkgeleenthede, is hoog op die agenda. Dit sluit die opleiding van swart boere in.

  • Waterbenutting en toegang, asook die verhandelbaarheid van waterregte, sal onder die loep moet kom.

  • Belastingtoegewings en -boetes gaan gebruik word om swart bemagtiging te bevorder.

  • Staatondersteunende dienste aan nuwe toetreders word voorsien, so ook risikobestuurdersbeleid (droogtes, ens).

  • Geskikte finansiering en toegang tot finansiering vir swart bemagting in die landbou is 'n vereiste. In hierdie verband was die sluiting van die Landboukredietraad 'n fout wat begaan is.

  • Die ontwikkeling van verteenwoordigende organisasies is op die agenda en daar word selfs gepraat van heffings om sulke organisasies mee te finansier.

  • Ontwikkeling en toegang tot geskikte landbouverwante infrastruktuur op die platteland is 'n doelwit.

  • Voorligting, inligting en kundigheid is ook as 'n doelwit gestel.

  • Swart groepe sal voorkeur met die toestaan van staatskontrakte geniet.

  • Die monitering en evaluasie van die proses is ook 'n belangrike doelwit. Erkenning moet gegee word aan suksesvolle swart bemagting — soos wat Graan SA reeds doen.

    Ten slotte
    Die ontwikkeling van bedryfspesifieke swart bemagtigingsplanne, volgens bogenoemde riglyne, gaan in die volgende maande 'n groot gewoel afgee. Die uitdaging gaan wees om dit in 'n goeie gees te benader en om die geleenthede daarin raak te sien en te ontwikkel.

    28 November 2003

 

0
 
 
  • 2104 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Varkboere kou klippe
  • 'Verminder plaagdoders'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction