Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Bestemmings-vir-landbou-uitvoere

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Bestemmings vir landbou-uitvoere

 
Deur KOBUS SMIT
Uitvoerprodukte. Foto: ANDRIES GOUWS
Uitvoerprodukte. Foto: ANDRIES GOUWS

Brittanje en Nederland was die twee belangrikste uitvoerbestemmings vir Suid-Afrikaanse landbouprodukte in 2009. 

Benewens dié  twee lande was  Zimbabwe, Mosambiek en Duitsland die vernaamste bestemmings vir Suid-Afrikaanse landbouprodukte die afgelope dekade. Uitvoere na al vyf lande het egter in 2009 effens afgeneem ten spyte daarvan dat die land se totale landbou-uitvoere in 2009 ietwat toegeneem het van byna R47 miljard in 2008 na net minder as R49 miljard in 2009. 

Dit is algemene kennis dat Brittanje die grootste koper is van Suid-Afrikaanse landbouprodukte. Dit blyk ook duidelik in die grafiek hieronder wat die uitvoere die afgelope tien jaar aandui -  sien die donkerblou lyn op die grafiek.

Uitvoere na dié land het jaarliks toegeneem met die uitsondering van verlede jaar toe uitvoere van R5,5 miljard in 2008 na R4,7 miljard in 2009 afgeneem het. Die belangrikste uitvoerproduk was wyn waarvan meer as  R1,5 miljard uitgevoer is. Dit word gevolg deur ‘n verskeidenheid van vars vrugte waarvan appels, pere, sitrus en druiwe die belangrikste is. Vrugte, groente en neute, verwerk in verskeie vorme,  koffie, tee, blomme en vleis is ook belangrike produkte wat na die land uitgevoer is. 

Dit is nogal interessant dat Nederland die tweede belangrikste bestemming vir SA landbouprodukte is. Soos in onderstaande grafiek gesien kan word (die rooi lyn), styg die uitvoere na Nederland elke jaar en is dit net minder as die uitvoere na Brittanje.

In 2008 het dit selfs Brittanje verbygesteek om die hoogste landbou-uitvoersyfer tot nog toe na ‘n individuele land te behaal en ook die eerste keer dat die uitvoer na enige land die R6 miljard verbysteek.   Vars vrugte soos sitrus, appels, pere en druiwe is die belangrikste uitvoerprodukte. Dit word gevolg deur gedroogde en andersins verwerkte vrugte asook wyn. Ander  belangrike produkte sluit in blomme, blombolle en ander plantmateriaal.

As die totale uitvoere die afgelope dekade as maatstaf gebruik word, is Zimbabwe die derde belangrikste bestemming van Suid-Afrikaanse landbouprodukte. Uitvoer na die land is egter baie wisselvallig.  In 2004 was uitvoere minder as R1 miljard om in 2005 op te skiet na bykans R2 miljard.  In 2007 was die uitvoer R0,5 miljard en in 2008 meer as R3,5 miljard. Die belangrikste produk is mielies waarvan byna R3 miljard uitgevoer is. Dit word gevolg deur mielie- en koringmeel asook ontbytgrane. Vars groente en ander verwerkte kossoorte is ook ‘n belangrike deel van die uitvoere maar vrugte is nie so groot in aanvraag nie.  Zimbabwe het ook ‘n bietjie wyn en bier gekoop maar die omvang is redelike klein in vergelyking met ander produkte.

Duitsland was die afgelope dekade die vierde belangrikste uitvoerbestemming. Uitvoere was redelik bestendig met ‘n geleidelik toename oor die jare tot in 2006 waarna dit redelik skerp gestyg het. Verlede jaar het dit egter effens  afgeneem van R2 miljard in 2008 tot R1,9 miljard in 2009.  Ook hier was wyn en vrugte die belangrikste uitvoerprodukte.

Naas Zimbabwe was Mosambiek die belangrikste bestemming in Afrika en vyfde op die lys van uitvoerbestemmings die afgelope dekade. Groei in uitvoere het aanvanklik stadig verloop en toe gedaal tot ‘n laagtepunt in 2005. Daarna het dit vinnig gestyg totdat dit in 2008 en 2009 Duitsland verbygesteek het.  (Sien die pers lyn op die grafiek.) Basiese voedsel soorte soos mielies, meel en groente is die belangrikste produkte.

Figuur 1

Ander lande in Afrika soos bv. Kenia, Angola en Zambië voer al hoe meer landbouprodukte uit Suid-Afrika in terwyl lande soos die VSA en Japan redelike konstante hoeveelhede landbouprodukte invoer. Ander Asiese lande soos China en Indië speel op die stadium nog nie ‘n wesenlike rol nie maar kan moontlik in die toekoms in belangrikheid toeneem.

26 Julie 2010

0
 
 
  • 2105 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Vraag na werktuie bly goed
  • Aangeplante weiding vir droë lande
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction