|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
‘n Omgewingsbewaringsgroep het ‘n ooreenkoms tussen die Europese Unie (EU) en Brasilië vir die uitbreiding van die vervaardiging van biobrandstof in Mosambiek, gekritiseer. Luidens ‘n verklaring word die ooreenkoms as ‘n “grondgryp” beskryf.
Friends of the Earth, die omgewingsbewaringsgroep, beskryf die ooreenkoms – wat die gebruik van biobrandstof uit Afrika vir gebruik in Europese voertuie bemark – as “immoreel en pervers”. Die ooreenkoms sou Woensdag (14 Julie) onderteken word.
Kommer oor voedselsekerheid
“Die voortdurende uitbreiding van biobrandstof regoor die wêreld beskadig nie net die omgewing nie, maar ook mense se bestaan en hulle toegang tot voedsel. Om miljoene hektare landbougrond vir die verbouing van jatropha en suikerriet in Mosambiek, wat ‘n voedselarm land is, te gebruik vir bio-brandstof vir Europese voertuie is immoreel en pervers. Biobrandstof is nie die oplossing vir die probleme van klimaatverandering, of energiebeperkinge en armoede in Mosambiek nie,” sê mnr. Adrian Bebb, die groep se woordvoerder vir voedsel en landbou.
Me. Anabela Lemos, plaaslike woordvoerder, sê die uitbreiding van die vervaardiging biobrandstof lei onder meer tot konflik onder plaaslike gemeenskappe oor eienaarskap van grond.
Meer as 4,8 miljoen ha grond geraak
Beleggers in biobrandstof, wat grootliks van Europa afkomstig is, het reeds aansoek gedoen vir die regte om sowat 4,8 miljoen ha grond te gebruik. Dít is ‘n sewende van Mosambiek se bewerkbare grond.
Bebb merk op: “Europese teikens vir bio-brandstof is wat dié wêreldwye uitbreiding dryf. Die EU se beleide het reeds grondprype en ontbossing in die suide tot gevolg. In plaas daarvan om meer ooreenkomste vir grondgrype in die suide aan te gaan moet die EU sy beleid rondom bio-brandstof skrap en belê in omgewingsvriendelike landbou en om die energie wat vir vervoer gebruik word verminder.”
Lees meer oor Mosambiek en biobrandstof:
Biobrandstof in Moz lok belangstelling (2006)
Mosambiek gewild vir biobrandstof (2007)
Biobrandstof: Pyplyn uit Mosambiek (2008)
Suiker-biobrandstof vir bure (2008)
15 Julie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)