Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Clover-beloof-samewerking

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Clover beloof samewerking

 
Deur THEUNS BOTHA

Die Mededingingskommissie se aansoek by die Mededingingstribunaal om 'n verstekvonnis teen Clover het misluk. Die kommissie het in sy aansoek teen Clover aangevoer dat die maatskappy op die aanklagte teen hom, en sewe ander melkverspreiders, die enigste was om nie voor die sperdatum op die aanklagte te pleit nie.

Clover het op 28 Junie ter verdediging voor die tribunaal aangevoer dat hy by verskeie geleenthede sekere dokumente aangevra het, maar dit nooit gekry het nie.

Volgens 'n berig in Sake 24 het adv. David Unterhalter SC vir Clover aangevoer dat die maatskappy die dokumente benodig het om te verstaan wat die saak teen hulle was. "Dit is onmoontlik om te pleit as mens nie verstaan wat die aanklagte teen jou is nie," het hy aangevoer.

Me. Mabel Jansen SC, vir die kommissie, het gesê Clover se traak-my-nie-agtige houding en gebrek aan nakoming van die reëls is skokkend. Volgens haar het die maatskappy geen verduideliking verskaf waarom hulle nie betyds kon pleit nie. "Die dokumente wat Clover aangevra het, is óf vertroulik óf nié op hulle van toepassing nie."

Unterhalter het daarop gewys dat hulle die vertroulikheidsooreenkoms voorwaardelik aanvaar het. Daarvolgens mag die regsverteenwoordiger dit verkry, maar hulle kliënte nie.

Die tribunaal het na aanhoor van die getuienis, gelas dat Clover die dokumente kry wat hy nodig het om te kan pleit. Indien daar wel vertroulikheidsooreenkomste is, hoef die kommissie dit nie aan Clover te verskaf nie, maar wel die adres van die persoon wat die eis van vertroulikheid gestel het. Die dokumente moet binne tien dae aan Clover oorhandig word.

Mnr Manie Roode, adjunk uitvoerende hoof van Clover, sê in die lig van die aantygings teen die melkverspreiders van 'n groot samespanning, sy maatskappy die ondersoek verwelkom, maar minstens in 'n posisie wil wees om die aard van die klagte te verstaan om daarop te antwoord. "Dit is vreemd dat opmerkings wat oor die hele kwessie gemaak word, nogal teenstrydig is. Aan die eenkant word gesê dat dit wat gebeur het tot nadeel van die produsent is en aan die anderkant dat dit die verbruikers benadeel het. Daar is geen poging van Clover se kant om die proses te vertraag of enigiemand te frustreer nie."

Roode het aan Landbouweekblad gesê dat dit nie net om sy maatskappy belang gaan nie, maar ook dié van die hele bedryf om klarigheid oor die saak te kry. "Beide wat die gemene- en statutêre reg betref moet Clover die kans kry om die volle aanklagte aan te hoor en dan volledig daarop te antwoord," het hy benadruk.

4 Julie 2007

0
 
 
  • 1456 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 'Mielieramp' dreig in Namibië
  • Kook en bak met konfyt
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction