|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Gesprekke tussen die pluimveemaatskappye Country Bird en Sovereign Foods dui daarop dat dié twee maatskappye gaan saamsmelt, luidens ’n berig van Business Report.
Ontleders meen Country Bird sal Sovereign oorneem ná die afsluiting van onderhandelings oor samesmelting met JSE-genoteerde Afgri en Sovereign.
Country Bird het sy aandeel in Sovereign in die afgelope jaar van 13,4 % tot 22 % verhoog. ’n Samesmelting tussen dié twee maatskappye sal na Astral Foods en Rainbow Chicken die grootste pluimveebesigheid in Suid-Afrika tot gevolg hê.
Mnr. Mike Davis, hoof uitvoerende beampte by Sovereign, sê die twee firmas het reeds ’n goeie verhouding. Mnr. Charles Davies, voorsitter van dié maatskappy se raad, sê daar is twee maniere om só ’n ooreenkoms te sluit. “Een is om die maatskappy te koop en dit te stroop, die ander is om saam te smelt en die saamgestelde besigheid uit te brei. Ons ondersteun nie laasgenoemde.”
’n Samesmelting sal dit moontlik maak om beter pryse met kleinhandelaars te beding en om die koop van veral ingevoerde grondstowwe goedkoper te maak. Country Bird is ook besig om sy beleggings in Afrika uit te brei. Hy is reeds bedrywig in Botswana, Namibië en Zambië.
Bron:
Business Report
26 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)