Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Gevreesde-siekte-vee

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Gevreesde siekte by vee

 
deur LUCILLE BOTHA

’n Gevreesde siekte wat aborsies by kleinvee en Malta-koors by mense veroorsaak, is in ’n bokkudde in Gauteng geïdentifiseer. Minstens twee mense is ook met die siekte gediagnoseer.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beskou die siekte, Brucella melitensis (besmetlike misgeboorte by beeste se ekwivalent by kleinvee), as gevaarlik, sê dr. Sunelle Strydom van die direktoraat dieregesondheid by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Help

Sy het op die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad se webtuiste ’n beroep op alle veeartse gedoen om die direktoraat te help om die voorkoms van die siekte aan te teken, te voorkom en enige gevalle betyds aan te meld.

Die siekte word oorgedra wanneer diere aan geaborteerde fetusse en hul plasentas of vaginale uitskeidings lek of suig. Infeksie kan ook plaasvind wanneer lammers besmette melk drink. Diere wat oornag in krale staan, is ook in die ideale omgewing vir die oordrag van die siekte.

By mense word die siekte deur regstreekse of onregstreekse kontak met siek diere of hul produkte (soos wol) oorgedra. Gekookte melk- en vleisprodukte kan nie die siekte versprei nie. Koors, nagtelike sweet, hoofpyne, gewrigs- en beenpyn, spierpyn, swakheid, gewigsverlies, naarheid en depressie is simptome wat tipies by mense voorkom.

Simptome

Volgens Strydom is die eerste teken van die siekte ’n “aborsiestorm” en groot persentasies dragtige diere aborteer. Aborsies kan in daaropvolgende seisoene afneem, maar kuddes kan jare lank besmet bly. “Lammers van besmette vroulike diere kan by geboorte swak of asimptomaties wees. Daar word vermoed sommige van hierdie lammers kan latente draers word.”

Ander simptome sluit in retensie van die fetale membrane, genitale uitskeidings, ’n afname in melkproduksie, artritis en ’n afname in vrugbaarheid by manlike diere.

Die siekte is die eerste keer in 1965 in Suid-Afrika geïdentifiseer toe dit in drie skaapkuddes in die destydse Noord-Transvaal uitgebreek het. Sedertdien was daar sporadiese uitbrekings in Gauteng, KwaZulu-Natal en Noordwes.

24 Januarie 2011

5
 
 
  • 1872 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Rene Pretorius 
16 Mei 2011 16:30

Ek beplan om `n boerdery in Zambia oor te neem. Wil graag ALLE inligting he oor Maltakoors (Brucllose) by beeste. Baie dankie

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Winsgewendheid van 'n voerkraal
  • Kies regte turksvy-kultivar
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction