|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die kweek van geneties gemodifiseerde (GM) gewasse het verlede jaar wêreldwyd met 9 miljoen ha gegroei, luidens die Internatoinal Service for the Acquisition of Agri-Biotech Applications (ISAAA) se jaarverslag oor die kommersiële gebruik van GM plante.
Groei in industriële lande vergeleke met 2008 was 3%, of 2 miljoen ha, terwyl ontwikkelende lande 7 miljoen ha, of 13%, meer GM-gewasse aangeplant het. Brasilië het die meeste groei getoon van 15,8 miljoen ha tot 21,4 miljoen ha. In Burkina Faso, wat in 2008 vir die eerste keer GM katoen aangeplant het op 8 500 ha, is daar nou 115 000 ha onder GM gewasse.
Wêreldwyd gebruik 14 miljoen boere GM gewasse en die meerderheid, 13 miljoen, verbou in ontwikkelende lande. In 2008 was daar 700 000 boere wat GM produkte gebruik het. Die mees gewilde GM gewasse is sojabone, mielies, katoen en koolrape.
GM sojaboonaanplantings het verlede jaar wêreldwyd gestyg met 4,9%, vanaf 65,8 miljoen ha tot 69 miljoen ha. In die geval van mielies het aanplantings met 10% uitgebrei tot net onder 42 miljoen ha. Koolraap-aanplantings het ook met 10% tot 6,4 miljoen ha gestyg.
Altesaam 11 lande plant nou GM katoen. Costa Rica het verlede jaar sy eerste aanplantings van dié gewas gemaak en in geheel het aanplantings regoor die wêreld met 3,2% tot 16 miljoen ha gegroei.
Die Europese Unie (EU) is die enigste deel van die wêreld waar GM-aanplantings afgeneem het. Dít kan grootliks toegeskryf word aan Frankryk en Duitsland se verbod op die aanplanting van dié soort gewase, luidens ‘n berig op Mercopress.com.
15 Oktober 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)