|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
‘n Aanbeveling dat die Australiese wynbedryf 35 000 ha van hulle wingerde moet uithaal om die balans tussen aanbod en vraag in dié land te herstel, kan goeie nuus vir die plaaslike wynbedryf wees, meen Wyn Suid-Afrika (Wosa).
Luidens ‘n berig van The Sydney Morning Herald het Peter Lehmann Wines gewaarsku dat Australië dié stap moet neem omdat handelstoestande die swakste in 15 jaar is. Volgens die maatskappy kan Australië sowat 2 miljoen ton druiwe per jaar produseer, maar slegs sowat 1,5 miljoen ton is nodig.
Volgens ‘n onlangse verslag produseer die land jaarliks 20-40 miljoen kaste wyn meer as wat verkoop word. Dit is gelykstaande aan tussen 270 000 en 500 000 ton druiwe, of 20 000 tot 40 000 ha wingerde.
Druk van Nieu-Seeland
Daily Wine News berig dat volgens vier verteenwoordigende liggame in die Australiese wynbedryf sowat 17% van die land se wingerdproduksie nie ekonomies doeltreffend is nie. Die land het in November verlede jaar reeds sowat 100 miljoen kaste surplus wyn gehad, en daar word verwag dat dié aantal in twee jaar kan verdubbel.
Mnr. Doug Lehmann, besturende direkteur van Peter Lehmann Wines, sê die invloei van Sauvignon blanc vanaf Nieu-Seeland plaas verdere druk op veral Australiese witwyn-volumes. Daarby het die wêreld-ekonomiese krisis onsekerheid onder verspreiders en handelaars veroorsaak, wat daartoe gelei het dat hulle hul wynvoorrade verklein het.
Beter pryse vir SA produsente
Intussen sê me. Su Birch, hoof uitvoerende beampte van Wosa, die aanbevelings is “potensiële goeie nuus” vir die Suid-Afrikaanse mark. “As hulle wingerde met soveel verklein word, sal dit die druk op Suid-Afrika se mark verminder. Dan sal Suid-Afrika weer sy pryse in sleutelmarkte, veral in Brittanje, kan verhoog”.
Sodoende meen Birch, sal die Suid-Afrikaanse mark tot ‘n mate die huidige druk in die mark kan teenstaan.
Bron:
The Sydney Morning Herald
8 Januarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Die wynbedryf sal nooit regkom solank daar n paar groot boelies soos Distell en kie is wat geen simpatie met ons boere het nie.Ons boere moet nog hulle banke ook wees,wyne word bestel en lê maande in die kelders totdat hulle dit ry en dan word ons 90 dae na staat betaal.Wat n grap.Ons boere kan mos net saam kla en dis waar dit stop.
Dit is wel goeie nuus , maar vir die langtermyn . Ons plaaslike wyndruiweboere produseer die grootste deel van ons oes onder koste dus maak ons verliese en kan ons dus nie nuwe wingerde vestig nie , daarom is die SA wingerdstand besig om te krimp .Dit is ook goeie nuus vir ons plaaslik , want baie wingerde staan op gronde ongeskik vir kwaliteit wynproduksie . Hierdie regstelling vind selfs in europa plaas en is ongelukkig baie pynlik vir baie van ons boere
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)