|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Hoewel graanpryse vandeesweek ietwat vanaf rekord-hoogtepunte teruggesak het, is die meeste ontleders dit eens dat dié pryse op hul heersende sterk vlakke sal bly.
Hulle meen selfs al word die skerp stygings van die afgelope weke nie volgehou nie, behoort graanboere dié goeie prysgeleenthede te benut. Die daling was grootliks weens beleggingsfondse wat dié aanbeveling gevolg het en wins geneem het deur lang posisies op die wêreld se graanbeurse te sluit.
Die Amerikaanse mielieprys het teen middel verlede week gedaal nadat dit ’n 31-maande-hoogtepunt bereik het. Amerikaanse koringpryse het ook vanaf die hoogste prys in twee en ’n half jaar teruggesak.
Mnr. Wessel Lemmer, landbou-ekonoom van Graan SA, sê in sy daaglikse markaanwyser- verslag kommer oor knap Amerikaanse oordragvoorrade het gekeer dat mieliepryse vandeesweek skerper gedaal het. Dié land se beraamde mielie-eindvoorraad is nou op sy laagste in 15 jaar.
Sommige ontleders meen selfs dat meer as een Amerikaanse mielie-oes nodig gaan wees om sy voorraad weer tot gemaklike vlakke te herstel.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 25 Februarie 2011.
18 Februarie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Meeste van die Graslande wat sou terug gaan in produksie is weer ingesit in die gras program, wat beteken dat daar nie veel meer akkers is om te plant soos gedink is tevore nie. Die huidige koring oes lyk nie goed nie maar grond bewerking vir mielies en sojabone is amper klaar in baie gebiede. Met die huidige pryse en meeste insetkostes klaar op kontrak sien ons baie uit na die komende seisoen. Ek dink egter nie die wereld ekonomie kan die huidige pryse hanteer nie, en soos die skrywer dink ek ook nie die pryse gaan veel daal die jaar nie, so inflasie en **** voedsel pryse sal sekerlik volg.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)