|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Suid-Afrika se saaiboere kan vanjaar die grootste mielie-oes in 29 jaar stroop. Die Nasionale Oesskattingskomitee het etlike ontleders met sy jongste raming van ‘n totale mielie-oes van bykans 12,9 miljoen ton onkant betrap.
Dit is die hoogste sedert 1980/’81, toe 14,4 miljoen ton mielies plaaslik geproduseer is. Die komitee het sy verwagte mielie-aanplantings met sowat 330 000 ha uitgebrei sedert die vorige, voorlopige oppervlakskatting in Januarie.
Die totale mielie-aanplantings is nou sowat 2,8 miljoen ha – amper 14% meer as die vorige seisoen se aanplantings.
Pryse onder druk
Die reuse verwagte mielie-oes voorspel niks goeds vir die reeds swak Safex-pryse nie. Dié pryse het sedert Januarie se goeie reën met sowat R700 per ton geval het. Teen saktyd was die witmielie-kontrak vir lewering in Julie R1 184 per ton, en die geelmielie-kontrak, ook vir lewering in Julie, R1 260 per ton.
Lees ook:
Mielie-oes in VSA kan pryse knou
Die algemene siening in die mark was dat heelwat boere weens die swak produsenteprys nog nie hul mielies van die vorige seisoen verkoop het nie, en groot hoeveelhede van die mielies wat nou op die land is, ook nog nie verskans was nie. Dít terwyl die meeste boere teen Augustus hul skuld moet betaal.
26 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)