Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Jag-verwoes-n-red-renosters

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Jag verwoes én red renosters

 
Deur KOBUS DU TOIT
Baie Oosterlinge glo daar lê groot helende
krag in renosterhoring.
Baie Oosterlinge glo daar lê groot helende krag in renosterhoring.

Die suksesverhaal van hoe die renoster in Suid-Afrika van uitwissing gered is, is wêreldbekend. Jag het ’n groot rol gespeel in die amperse uitwissing sowel as die hervestiging en vermeerdering van dié diere.

Aan die begin van die vorige eeu was daar na raming minder as 100 renosters in Suid-Afrika oor. Die geskiedenis van die welslae wat behaal is om die situasie om te keer, is wêreldbekend.

Vier redes
’n Wetenskaplike, net bekend as Simon, het in 1966 geskryf dat daar hoofsaaklik vier redes was waaraan die amperse uitwissing vna die diere toegeskryf kon word.

“Die diere kon maklik bekruip en doodgemaak word, hul vleis was hoog in aanvraag omdat dit baie smaaklik is, die vel was gewild om swepe van te maak en die horing was gesog oorsee,” sê hy.

Die laaste oorlewende diere het aan die begin van die vorige eeu in die Umfolozi-Hluhluwe-natuurreservaat in KwaZulu-Natal, toe Natal, voorgekom. Dit was die voormalige Natalse Parkeraad se verantwoordelikheid om die diere te beskerm.

Dié diere het toe nog daar voorgekom waarskynlik omdat die tsetsevlieg die jagters met hul ossewaens toentertyd uit die gebied gehou het.

Dié vlieg is ’n draer van nagana, ’n bloedparasiet wat dodelik is vir beeste. Die tse-tsevlieg het dus waarskynlik ook ’n beskeie bydrae gelewer om die renosters van uitwissing te red. In tabel 1 word die geskatte getal witrenosters wat in die verskillende jare voorgekom het, aangedui.

Totaal uitgewis
Frederick Selous, een van die bekende grootwildjagters in Afrika, het in 1908 geskryf: “Die wit- en swartrenoster in Suid-Afrika is in die laaste sowat 60 jaar feitlik totaal uitgewis. In dié tyd is derduisende van die diere doodgemaak . . . ”

Hy het ook vertel dat ene Oswell tussen 1844 en 1853 vyf ekspedisies onderneem het waartydens groot getalle wit- en swartrenosters doodgeskiet is. Een handelaar het glo 400 gewere met genoeg ammunisie aan die plaaslike bevolking gegee met die opdrag om alle wilde diere te jag. Daar was altyd baie renosterhorings in sy skure.

Die eerste witrenosters wat ná die uitwissing van die diere weer buite die grense van KwaZulu-Natal gebore is, het op 11 Augustus 1964 in die provinsiale natuurreservaat Loskopdam aangekom.

Dit was ’n geskiedkundige gebeurtenis aangesien dit die eerste renosterkalf is wat sedert 1896 in die destydse Transvaal gebore is.

Op 13 Oktober 1961 is die eerste twee witrenosters weer in die Krugerwildtuin hervestig. Hierdie prestasies moet grootliks toegeskryf word aan die wildvangtegnieke wat deur baanbrekers, soos drr. Toni Harthoorn, Tol Pienaar en Ian Player, ontwikkel is.

Groei in vyf tydperke
Die geskiedkundige groei in die renostergetalle kan in vyf tydperke verdeel word:

• 1810 – 1900: Jagters roei die renosters uit tot daar minder as 100 diere in die destydse Zoeloeland oor is.

• 1901 – 1960: Die renosterbevolking in die
Umfolozi-Hluhluwe-natuurreservaat herstel en die diere word van die gevaarlys van uitwissing verwyder.

• 1961 – 1970: Renosters word in ander wildtuine in Afrika en dieretuine en safariparke oorsee hervestig.

• 1971 – 1985: Die diere word ook in ander geskikte Suid-Afrikaanse natuurreservate in besit van die staat én ’n paar uitgesoekte private wildplase hervestig.

• 1986 – 2011: Wildboere begin volstoom met die diere boer en renosters word op veilings verkoop. Beheerde jag vind weer plaas.

Benadering
Die getal witrenosters wat van 1960 tot 1971 deur die destydse Natalse Parkeraad uitgevoer is, word in tabel 2 aangedui. Die benadering van die destydse bewarings-owerhede was om nie al hul eiers in een mandjie te sit nie.

Volgens dié beleid moes daar in 2005, toe die renosterbevolking in Suid-Afrika met 6,1% gegroei het, altesame 7 267 witrenosters in ander Afrika-state en 10 562 van die diere in oorsese lande hervestig gewees het.

Hoe edel dié gedagte ook al was, was die uitvoerprogram uiteindelik nie geslaag nie. Indien Suid-Afrikaanse wildboere eerste witrenosters gekry het, sou daar vandag 17 829 meer witrenosters in die wêreld gewees het.

In Afrika was die hervestiging van wit renosters in Namibië, Swaziland en Kenia geslaag, terwyl minder welslae in Botswana behaal is waar die witrenosters al twee keer uitgesterf het.

Botswana

Deesdae vaar dié diere egter goed in Botswana, met sterk bewaringspogings onder die regstreekse beheer van pres. Ian Khama. Hy en pres. Robert Mugabe is twee Afrika-staatshoofde wat openlik ’n beleid van “skiet wilddiewe dood” volg.
In 1967, op onderskeidelik 25 Julie en 3 Augustus, is die eerste witrenosterbul en -koei op private grond in Suid-Afrika op die Ubizane-wildplaas van mnr. Norman Deane in KwaZulu-Natal hervestig.

Vandag loop daar steeds witrenosters op die plaas. Die eerste surplus-witrenosterbulle is in 1971 verkoop om gejag te word en in 1979 is die eerste witrenosters teen R800 per dier aan private wildboere verkoop, mits hul plase aan die nodige ekologiese vereistes voldoen het.

Die getal witrenosters op private wildplase het geleidelik begin groei van die 80 diere in 1984 tot 4 000 witrenosters in 2008 (tabel 3). Die kaart toon die getal witrenosters en hul verspreiding op private wildplase aan.

Die dele wat gestreep aangedui word, is die natuurlike verspreidingsgebied van witrenosters. Dit wys dat daar nou minstens 700 van dié diere buite hul natuurlike verspreidingsgebied is en weerspieël die vername rol wat boere kan speel in die bewaring van ’n skaars diersoort.

Teen die einde van 2005 was daar 15 000 witrenosters in die wêreld, waarvan 67% aan die Suid-Afrikaanse Regering, 22,1% aan Suid-Afrikaanse boere, 6,8% aan ander Afrika-lande en 1,4% aan internasionale dieretuine behoort het.
Suid-Afrikaanse wildboere is dus die naasgrootste aandeelhouers van dié nasionale bate.


Die getalle witrenosters in 2008 op private eiendom per provinsie.
(Bron: Louis van Schalkwyk)

* Die artikel bevat unieke historiese en ander inligting wat dr. Kobus du Toit oor jare versamel het. Hy was die eerste mens wat ’n renoster se horing afgesaag het omdat hy glo die renoster is, naas die volstruis, die enigste diere waarvan ’n eksotiese produk geoes kan word sonder om die dier dood te maak.

Du Toit is ’n internasionaal bekende wildveearts en omgewingsraadgewer van Pretoria. Hy was ook voorsitter van die destydse Afrika-renostertelersvereniging. Die artikel is in die Landbouweekblad van 15 April 2011 gepubliseer.

*'n Suid-Afrikaanse burger wat in Londen bly het 'n vloedgolf reaksie ontken met 'n treffende video wat die jag van renosters as sinneloos beskryf. Kyk hier na die video deur mnr. Mark Warren.

19 Januarie 2011

5
 
 
  • 1137 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 'Perfekte storm' vir koringboere
  • Inheemse hoenderras vir vogtige bosveld gesoek
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction