Die jagseisoen eindig vanjaar op 31 Julie en kwessies soos die moontlike nasionalisering van wildplase en die uitwerking van die Wêreldbeker-sokkertoernooi op die jagbedryf vanjaar is druk bespreek.
Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) was ook hoogs ontsteld oor aantygings in ‘n verslag van Animal Rights Africa dat die plaaslike jagbedryf ‘n onetiese “bloederige gemors” is. Dié bedryf win sowat R754 miljoen per jaar vir Suid-Afrika in.
Intussen gaan vuurwapeneienaars se struwelinge om hul vuurwapenlisensies te hernu of om nuwe lisensies te kry, voort. Vir dié rede het die tydskrif SA Hunter/Jagter ‘n opname oor vuurwapenlisensies begin om te kyk hoe ernstig die probleem is.
Ds. Ben Fourie, geweer- en jagentoesias, het natuurlik ook die lekker van jag, met ‘n goeie lepel praktiese raad, in sy rubrieke gewys. Besprekings oor kwessies soos die koste van biltongjag het menings oor dié saak heen en weer laat vlieg op landbou.com se e-posforum.
Op die meegaande foto verskyn mnr. Dirk van Nieuwenhuizen van Brits met 'n rooibokram wat hy platgetrek het.
Lees meer oor die jagseisoen en -bedryf vanjaar:
Nasionalisering: Wildbedryf kap terug
Wapens: Swart eienaars dagvaar staat
29 Julie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)