Jhb-mark moderniseer

 
Foto: BEELD
Foto: BEELD

Die Johannesburgse Varsproduktemark (JVPM) staan op die vooraand van opwindende veranderinge om tred te hou met internasionale neigings en om plaaslike dienslewering te verbeter.

Mnr. Jan Mocke, hoof-bedryfsbeampte van die JVPM, het tydens ’n lietsjiestudiegroepvergadering op Nelspruit die sluier so effe gelig oor die beplande veranderinge. Volgens Mocke het marknavorsing deur die JVPM aan die lig gebring dat die bedryf die afgelope jare baie gevorderd geraak het en dat die tradisionele varsproduktemarkte eenvoudig nie meer heeltemal tred hou met moderne eise wat daaraan gestel word nie.

Die JVPM se beplanningsfase is nou afgehandel en die mark maak gereed vir die inwerkingstelling daarvan onderhewig aan die finale goedkeuring deur die Stadsraad van Johannesburg.

Van die grootste veranderinge wat verwag kan word is:

* ’n Beplande verdubbeling van die produkstoorruimte en die vestiging van produkspesifieke verkoelingsfasiliteite ten einde die koueketting te kan bestuur om rakleeftyd te verleng.
* Die uitbreiding van die voedselveiligheidseenheid.
* ’n Nuwe, moderne en gebruikersvriendelike verkoopslokaal met elektroniese fasiliteite en outomatiese kontanthanteringsmasjiene.

22 Junie 2009

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.