|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die wêreldwye massavrekte van bye kan nie net aan een faktor toegeskryf word nie, maar die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) meen daar is ‘n verskeidenheid oorsake.
Parasiete, virusse, swak voeding en die blootstelling aan plaagbeheermiddels dra alles by, ook tot “colony collapse disorder” of CCD, ‘n steurnis wat internasionaal tot die grootskaalse verval van kolonies lei. Bye se mortaliteit en byesiektes word as prioriteit beskou in die OIE se strategiese plan vir 2011 tot 2015.
Die organisasie het ‘n beroep gedoen op siektebeheerprogramme en meer internasionale riglyne om byesiektes te monitor. Hulle beveel ook navorsing aan sodat meer kennis oor byesiektes algemeen beskikbaar kan word.
Mnr. John Moodie van die Suid-Afrikaanse Bye-bedryfsorganisasie (Sabio), sê enige pogings om bye te bewaar, word verwelkom. Hy sê dit is ‘n jammerte dat bye se situasie só erg moes verswak voor mense bereid was om in te gryp. Hulle is bekommerd oor die nuwe byesiektes wat kop uitsteek.
Suid-Afrika gaan sedert die 1980’s gebuk onder massavrektes. Die Varoa-myt en Amerikaanse jongbysiekte het onder meer hiertoe bygedra.
7 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Daar is verskeie groot bye boere in SA, maar daar sal ook moet gekyk word om die klein enkel en stokperdjie bedryf in die hoofstroom op te neem.Meer publikasies en bewusmaking sal moet gedoen word.Potensiaal is baie groot.
Hierdie saak benodig meer aandag vanweë die katastrofiese impak wat dit moontlik kan hê.
Ons moet probeer om meer druk op ons regering te kry om navorsing in bye meer ernstig op te neem.
Verder is dit ook nodig dat daar baie strenger gekyk moet word na die invoer van heuning, aangesien roekelose invoerders nie die wetlike riglyne toepas om te verseker dat bysiektes nie die land binnekom nie.
Kan die sagtevrugte en saadproduksie sektore nie moontlik intree om steun aan SABIO te verleen nie? Hierdie twee sektore word tog direk geraak deur die bye-industrie, en het dus direkte belang in die gesondheid en voortbestaan van bye in S.A.
hoe vinniger ons die regering aan boord kan kry, hoe beter kan ons voorkomend optree i.p.v. om na die tyd te staan en kyk hoe hierdie 3 sektore in duie stort.
C.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)