Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Melkkartel-wat-gaan-aan

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Melkkartel: Wat gaan aan?

 
Deur SUSAN BOTES
Melkbeeste. Foto: THEUNS BOTHA
Melkbeeste. Foto: THEUNS BOTHA

Die Mededingingsappèlhof sal op 7 Desember Milkwood Dairy en Woodlands Dairy se aansoek om appèl teen ‘n beslissing, wat deur dié hof gelewer is, aanhoor. Indien die verwerkers se aansoek om appèl slaag, kan hul die beslissing in die Hooggeregshof beveg.

Op 26 Augustus vanjaar het die Mededingingsappèlhof ‘n gedeelte van ‘n besluit, wat op 17 Maart deur die Mededingingstribunaal gemaak is, ter syde gelê en met ‘n nuwe bevel vervang. Dít is die jongste gebeurtenis in die voortslepende ondersoek na moontlike oortredings van die Wet op Mededinging (Wet 89 van 1998) tussen sewe suiwelverwerkers.
 
Die Mededingingsappèlhof het op 26 Augustus beslis dat die klagtes teen Milkwood en Woodlands nie geskrap mag word nie. Dit het ook beslis dat die Mededingingskommissie se lasgewing, waarmee inligting van Woodlands bekom is, onregmatig was.

Die kommissie mag gevolglik nie die betrokke inligting by hul ondersoek insluit nie. Alle dokumente wat op dié wyse bekom is, moes aan Woodlands terugbesorg word. Milkwood het ‘n soortgelyke versoek gerig, maar dit is van die hand gewys.

Die suiwelverwerkers wat van ongerymdhede beskuldig is, is:
•    Clover Industries en Clover SA (Ontvang korporatiewe toegeeflikheid by Mededingingskommissie vir die sesde aanklag.)
•    Parmalat
•    Ladismith kaas
•    Woodlands Dairy
•    Lancewood
•    Nestlé SA
•    Milkwood Dairy

Hoewel almal nie van alle kwessies aangekla is nie, is die volgende beskuldigings teen die verwerkers gebring:
1.    Uitruil van inligting tussen mededingers.
2.    Uitruil van melk en verskaffingsooreenkomste tussen verwerkers.
3.    Die misbruik van eksklusiewe verskaffingskontrakte met melkprodusente.
4.    Die vasstelling van kleinhandelpryse en markverdeling.
5.    Die vasstelling van kleinhandelspryse.
6.    Die vasstelling van pryse en/of die verhandeling van melk en verwerkte produkte.

Wat is die geskiedenis?

So lyk melkkartel (Januarie 2007)

Melksaak sal stadig vorder (Januarie 2007)

Clover draai staatsgetuie (Januarie 2007)

Clover beloof samewerking (Julie 2007)

Melk-verhoor skop af (Februarie 2008)

Melkprys-verhoor kry koers (Februarie 2008)

Clover wil uit saak wriemel (Junie 2008)

Melkverwerkers-appèl misluk (Julie 2008)

Melkverhoor: Verwerkers skop teë (Januarie 2009)

'Straf melk-knoeiers swaar' (Januarie 2009)

Nog melkers wil uit saak (Januarie 2009)

Melk-lasbriewe ongeldig (Maart 2009)

Melksage: Geleke inligting moet terug (Augustus 2009)

4 Desember 2009

0
 
 
  • 1556 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Pryse van varsprodukte
  • Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde se verklaring oor klimaatsverandering en diereproduksie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction