Suid-Afrika het die voortou geneem wat landbouproduktiwiteit betref sedert die deregulering van dié bedryf, het mnr. J. P. Landman, bekende politieke- en toekomsontleder by Graan SA se jaarkongres buite Bothaville gesê.
Hy meen die produsente wat in die landbou oorgebly het is van die mees doeltreffende boere ter wêreld.
Ondanks die feit dat die bedryf in die 10 jaar tussen 1994 en 2004 ’n derde van sy boere en sowat 250 000 plaaswerkers verloor het, het produksie met 2% toegeneem. Daarna het die boere tot onder 40 000 afgeneem en steeds het produksie met tussen 10% en 15% toegeneem.
“Diegene wat oor is, is geensins slagoffers nie. Hulle is die mense wat gaan oorleef in die bedryf.”
4 Maart 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)