|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Nederburg het by die 2010 Tri Nations Wine Challenge, die trofee vir die beste dessertwyn gewen.
Dié eer, wat tydens ‘n glansdinee in Sydney aangekondig was, het die 2005 Private Bin Edelkeur, wat nét by die jaarlikse Nederburg-veiling verkoop word, te beurt geval.
Die edellaatoeswyn was een van 18 mededingers om die trofee by die jaarlikse geleentheid waartydens die allerbeste Suid-Afrikaanse-, Australiese- en Nieu-Seelandse wyne teen mekaar meeding.
Wyne wat deur ʼn paneel van beoordelaars as die beste nasionale voorbeelde van hul styl gekeur is, word slegs op uitnodiging voorgelê.
Volgens mnr. Razvan Macici, Nederburg se keldermeester, het die 2005 Edelkeur ‘n gloeiende goue kleur met ‘n geurige kombinasie van perske, appelkoos, heuning en speserye. “Die ryk heuning-soetigheid word gebalanseer deur ’n lewendige, verfrissende suur wat ’n bevredigend harmonieuse balans skep.”
Dié wyn spog reeds met verskeie toekennings met onder meer ’n Veritas-dubbelgoud by die 2007 SA Nasionale Wynskou, ’n goue medalje en beoordeling as beste in sy klas by die International Wine and Spirit Competition (IWSC) van 2008 asook ’n goue medalje by verlede jaar se Michelangelo International Wine Awards.
20 September 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)