Nog ‘n renoster in KZN geslag

 
Renosters. Foto: www.rhinos.irf.org
Renosters. Foto: www.rhinos.irf.org

Nog ‘n renoster is Woensdag (1 September) in KwaZulu-Natal deur wilddiewe geslag, sê Ezemvelo, die provinsie se natuurbewaringsdienste.

Dié witrenoster is die vyftiende renoster wat vanjaar deur wilddiewe in dié provinsie doodgemaak is. Luidens ‘n berig op Nuus24.com is die renoster se karkas in die Ndumo-wildreservaat in die noorde van die provinsie gevind.

Dié wildreservaat is op die Mosambiek-grens. Mnr. Jeff Gaisford, ‘n woordvoerder vir Ezemvelo, sê albei die dier se horings is afgesaag.

In kabelstrik gevang
Die renoster is na bewering reeds Dinsdag in ‘n kabelstrik gevang. Die strik is groot genoeg om ander diere soos seekoeie en buffels ook te vang.

NatGeo News Watch van National Geographic, berig dat meer as 180 renoters tot dusver vanjaar in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak is.

Mnr. Andre Snyman, stigter van die eBlockwatch-inisiatief, sê hy is veral bekommerd oor helikopters wat in die Limpopo-streek oor wildplase vlieg. “Maar ons het sterk netwerke wat wil saamwerk om die wilddiewe aan te keer.”

Neem aksie
‘n Lid van Landbouweekblad se Facebook-blad, me. Celesté Fritze, is so ontstoke oor renosterstropery dat sy in haar persoonlike kapasiteit ‘n petisie opgestel het om dié misdaad te help bestry.

Klik hier om haar petisie te onderteken.
 
2 September 2010

0
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Ek verstaan dat 'n mens elke jaar meer as 'n kilogram renosterhoring kan "oes" sonder dat die renoster seerkry en dat dit al as argument aangevoer is om nie net die mark te oorstroom nie, maar dat die sluikhandelprys so laag sal daal dat wildstropers ontmoedig sal word. (Ek besef daar is baie weergawes, en oor wie almal belang daarby sou hê om 'n deel van die bedryf as stropersbedryf te laat voortbestaan. Met hopelik genoeg renosterhoring in omloop (wat die manne glo laat rondloop) sal skaarser renostersoorte soos dié in Asië dalk ook 'n beter oorlewingskans hê.Om met renosters te boer is 'n groot uitleg en die "oes" van renosterhoring kan dalk net bydra om die bewring van renosters ook 'n meer lonende bedryf te maak.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.