|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
’n Splinternuwe baadjie vir Farming SA, Landbouweekblad, se sustertydskrif, is nie die enigste nuwe innovasie wat uit dié tydskrif se stal ontstaan het nie.
Benewens ’n herontwerpte Farming SA wat by die Nampo-Oesdag bekend gestel gaan word, kan lesers ook die nuwe boek Diseases and Parasites of Sheep and Goats in South Africa by Nampo aanskaf teen R330 per eksemplaar.
Die boek is ook in Afrikaans beskikbaar. Engelse lesers kan ook nou die kenners se raad in boekvorm koop deur Ask the Experts, Vet’s Advice to Farmers aan te skaf. Die boek is beskikbaar by Nampo teen R160 per eksemplaar.
Mnr. Malixole Gwatyu, redakteur van Farming SA, hoop dat lesers die veranderinge en byvoegings tot die tydskrif sal geniet. Volgens Gwatyu is die toevoeging bedoel om aan lesers meer waarde vir hul geld te bied.
“Ons mikpunt bly om ons lesers beter te posisioneer as boere om die uitdagings wat hulle in die gesig staar, die hoof te bied en meer suksesvolle boere te word. Maak nie saak hoe klein of hoe groot jou plaas is nie, ons is hier om vir jou relevante, praktiese kennis te bied,” skryf Gwatyu in die nuutste uitgawe van Farming SA (Junie 2011).
Besoekers aan die Nampo-Oesdag by Bothaville kan die nuwe Farming SA by Landbouweekblad se stalletjie koop en geniet.
13 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)