|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 81% |
| Wind: |
’n Nuwe gesig sal voortaan by die Rooivleisbedryfsforum (RMIF) te sien wees om die administrasie en bemarking te hanteer.
Luidens ’n verklaring is me. Michelle de Lange sedert 1 Februarie 2012 die nuwe hoofbestuurder van die RMIF.
Die forum verteenwoordig op nasionale vlak al die verteenwoordigde bedryfsorganisasies wat belange by die rooivleisbedryf het.
De Lange het op Mafikeng in Noordwes grootgeword. Sy het in 2001 ’n BSc.Agric.-graad in veekunde aan die Universiteit van Pretoria behaal.
Voor sy dié aanstelling aanvaar het, het sy die familie se skaapvoerkraal bestuur, uitgebreide bemarkingservaring opgedoen by ’n internasionale maatskappy wat troeteldierkos vervaardig en het ook opleiding in die finansiële sektor gegee.
De Lange is getroud met mnr. Joubert de Lange. Die egpaar het drie seuns.
8 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)