Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Nuwe-prys-vir-landbouskrywers

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:81%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe prys vir landbouskrywers

 
Deur SUSAN BOTES
Foto: www.masternewmedia.org
Foto: www.masternewmedia.org

Die Landbouskrywers SA Noord is op soek na Suid-Afrika se top landboujoernalis. Vanjaar sal die organisasie, in samewerking met Sanlam/Santam en die Agri SA se Agri Securitas-trustfonds vir die eerste keer ‘n Joernalis van die Jaar aanwys.

Die toekenning is daarop gemik om erkenning aan joernalistieke werk, wat die beeld van Suid-Afrika se landbou en boere ten beste bevorder het, te gee. Die prysgeld vir die wenner is R15 000, waarvan R5 000 vir ‘n joernalistieke kursus van die wenner se keuse gebruik moet word.

Deelnemers moet die inskrywingsvorm voltooi en werk, wat na hul mening die Suid-Afrikaanse Landbou en die boer se beeld die beste bevorder het, daarby aanheg. Die sluitingsdatum is 30 Augustus.

Alle artikels wat tussen 1 Mei 2008 en 31 Mei 2009 gepubliseer is, kan ingeskryf word. Artikels, beeld- en klankmateriaal sal ‘n inskrywing moet vergesel vir oorweging. Bydraes in enige erkende landstaal, vergesel van ‘n verkorte vertaling indien die stuk nie in Engels is nie, is welkom.

Landbouskrywers SA Noord sal ook in eie reg joernaliste, wat aan die kriteria voldoen, kan nooi om in te skryf. Die inskrywings kan elektronies, per faks of per hand by die sekretariaat van Landbouskrywers SA, Junxion Communication, gelewer word.

Die wedstryd word deur die Landbouskrywers SA Noord beskou as ‘n uitbreiding van die jaarlikse stryd om die noordelike provinsies se Boer, Opkomende Boer en Landboukundige van die Jaar te vind. Enige lid van die Landbouskrywers SA Noord, asook ander joernaliste wat oor die landbou berig en skryf kan vir die wedstryd inskryf.

Die wenner van die toekenning sal tydens die Landbouskrywers SA Noord se Boer en Landboukundige van die Jaar glansgeleentheid op 2 Oktober aangekondig word. Inskrywingsvorms kan op die Landbouskrywers SA Noord en Agri SA se webwerwe gevind word.

‘n Paneel van beoordelaars, wat uit die Landbouskrywers SA Noord, Sanlam en Santam en die voorsitter van die Agri Securitas-trustfonds bestaan sal oor ‘n wenner besluit.

Navrae kan aan me. Magda du Toit, voorsitter van die Landbouskrywers SA Noord gerig word. Bel haar by 011 790 8254, stuur ‘n faks na 011 790 8431 of ‘n e-pos na magda.du.toit@monsanto.com vir meer inligting.

17 Augustus 2009

0
 
 
  • 1825 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Minimum lone weer bekyk
  • Onder gemiddelde reenval vir komende somerseisoen?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction